SPOTPRENTE / STROKIESPRENTE / ADVERTENSIES
WOORDESKAT:
Spraakborrel = speech bubble
Denkborrel = thought bubble
Raampie = frame
Gesigsuitdrukking = facial expression
Liggaamstaal / lyftaal = body language
Bewegingslyne = movement lines
Gebare = gestures
Handbewegings = hand movements
Oogbewegings = eye movements
SPOTPRENTE / STROKIESPRENTE:
1. Gee visuele leidrade / nie-verbale leidrade dat die persoon GELUKKIG /
VROLIK / OPGEWONDE is:
• Hy lag / glimlag.
• Sy mondhoeke wys op.
• Sy mond is oop, want hy lag.
• Hy spring in die lug.
• Sy arms is in die lug. Hy waai sy arms.
• Hy klap sy hande.
• Hy sing. (Daar is musieknote)
• Hy dans. (Sy bene beweeg op
en af)
bewegingslyne
glimlag
2. Gee visuele leidrade / nie-verbale leidrade dat die persoon
ONGELUKKIG / HARTSEER is:
• Hy frons (frown)
• Sy mondhoeke wys af.
• Sy oë is bymekaar getrek.
• Sy skouers hang.
• Hy sit met sy kop in sy
hande.
• Hy kyk af.
• Hy huil.
• Daar is trane (tears) in sy oë / op sy wange.
1
, 3. Gee visuele leidrade dat die persoon KWAAD is:
• Sy mond is oop want hy skreeu.
• Sy oë is toe want, hy skreeu.
• Hy frons.
• Daar kom druppels spoeg by sy mond uit.
• Die woorde in die spraakborrel is groot.
• Daar is ʼn uitroepteken na sy woorde (hy praat hard / skreeu)
• Daar is weerligstrale / donker wolke bokant sy kop.
• Hy vloek - %#&$
4. Gee visuele leidrade dat die persoon GESKRIK het.:
• Sy mond is oop.
• Sy oë is groot.
• Daar is lyne bokant sy kop.
• Hy sit sy hand voor sy mond / hy hou sy kop vas.
5. Gee visuele leidrade dat die persoon BANG is:
• Daar is beweginslyne om sy lyf, want hy bewe.
• Daar sweetdruppels om sy kop van spanning.
• Sy oë is groot.
• Sy mondhoeke wys af.
2