100% satisfaction guarantee Immediately available after payment Both online and in PDF No strings attached 4,6 TrustPilot
logo-home
Summary

Summary Trits, ISBN: 9780636085602 Afrikaans

Rating
-
Sold
3
Pages
28
Uploaded on
16-10-2021
Written in
2021/2022

'n Duidelike en mooi uiteensetting van Trits se Mis deur Reza de Wet. dit is deel van Afrikaans Huistaal se Radio drama opsommings

Institution
12th Grade










Whoops! We can’t load your doc right now. Try again or contact support.

Written for

Document information

Summarized whole book?
Yes
Uploaded on
October 16, 2021
Number of pages
28
Written in
2021/2022
Type
Summary

Content preview

Mis
Reza De
Wet




Die is die eiendom van Opsommings.com_
Die is die intelektuele eiendom van Opsommings.com_ en mag nie versprei word nie. Kopiereg
voorbehou Kopiereg word voorbehou COPYRIGHT 2021- 2023 ©

, DIE TITEL - MIS
Die titel kan op meer as een vlak gelees word:
1. Mis as bemesting is die mees opvallende betekenis. Meisie en Miem
maak ‟n lewe uit die mis wat hulle aan boere verkoop. Die mis is dan
ook vir Meisie ‟n groot frustrasie, want sy kla teenoor Konstabel dat die
mis baie sleg ruik en dat dit vlieë lok. Die hele agterplaas lê vol mis en
boonop moet hulle ‟n bestaan daaruit maak. Sy voer dit aan as rede
waarom daar nie kêrels by haar kom kuier nie. Sy plant rose voor haar
kamervenster om die misreuk te verdryf. Hierdie mis kan dan ook dui op
vrugbaarheid. Miem sê bv. dit is vroeglente en almal wil hulle grond
bewerk. Miem sê die mis hou hulle aan die lewe. Meisie groei as ‟n blom
tot bevryding uit hierdie mis. Ook menslike ontlasting kom na vore in die
verwysing na die kleinhuisie in die agterplaas, die slopemmer wat uit die
solder neergelaat word met Pa se ontlasting en die spatsels op die vloer
wat weer die banale beklemtoon. Hierdie emmerepisonde is belangrik
omdat dit aan Konstabel die geleentheid bide om met Meisie ‟n afspraak
te maak vir die nag.
2. Mis kan ook dui op mistigheid – iets wat verhoed dat jy duidelik kan
sien. Dit is simbolies van Miem en Gertie se onvermoë om die
werklikheid te sien. Hulle leef in hul eie eng wêreldjie waarin alles vir
hulle ‟n bedreiging inhou en as hulleiets nie verstaan nie (soos die
verdwyning van die meisies), heg hulle hul eie interpretasie daaraan.
Hulle staar hulle blind teen die feite/realiteite soos een wat deur ‟n
mistigheid na iets kyk. Vandaar ook Miem se gedurige verwysings na
swak sig met bv. die naald en gare. Sy kan ook nie insien dat sy
dieselfde foute maak as die ander ouers oor wie sy so baie te sê het nie.
3. Die uitdrukking: Jy het dit mis, kan hier van toepassing wees. Miem
en Gertie het dit mis as hulle dink die ander meisies is vermoor. Hulle
het dit mis as hulle dink die ander meisies is vermoor. Hulle het dit mis
as hulle dink hulle kan regtig die ‘boosheid’ waarvoor hulle so bang is,
besweer deur deure en vensters te grendel. Hulle het dit mis as hulle glo
dat die Konstabel hulle regtig gaan beveilig. Dit gaan om ‟n mis verstaan
van sake.




Die is die intelektuele eiendom van Opsommings.com_ en mag nie versprei word nie. Kopiereg
voorbehou

, 4. Dit kan ook dui op aards-alledaagse, selfs boersheid. Die emmer wat
menslike uitskot stort, is simbolies daarvan. Dit besmet hul hele
bestaanswêreld. Ons kan hier verwys na die Middeleeuse spreuk: Wat is
die lewe anders as stank en mis? Dit het betrekking op die soort lewe
wat Meisie hier moet ly te midde van die bekrompenhede van die ma en
haar oujongnooivriendin.
5. Mis kan ook na Nagmaal (Rooms-Katolieke Mis) verwys. As ons na
Meisie se voorstellingsrok kyk, kom die betekenis daarvan na vore. Na
haar voorstelling word sy in die kerk as volwassene aanvaar en kan sy
die Nagmaal begin gebruik – sy is dus in die oë van die kerk volwasse.
Ironies genoeg sien haar ma dit nie so in nie. Die reinheid wat deur die
wit rok gesuggereer word, kan ook hier na vore kom. Dit kan dui op die
huwelik, wat op sigself weer die begin van ‟n nuwe lewe is. Nagmaal is
die begin van nuwe lewe vir die christen (die dood en opstanding van
Christus en lewe vir ons). Dit is miskien goed om hier te kyk na Miem se
verwysing dat haar man, Gabriël, ‘opgegaan’ het. Dit is amper ‟n soort
hemelvaart. Interessant is ook die verwysing dat sy glo hy sal hulle nie in
die steek laat as iets verkeerd loop nie. Konstabel dien ook as ‟n tipe
biegvader vir die vrouens as hulle hul gemoedere vir hom oopmaak. Dit
kan ook by die idee van die Roomse Mis aansluit.
6. Die idee van die ver-mis-te meisies sluit by die titel aan.
7. Miem mis ook haar man. Dit erken sy ruiterlik teenoor die Konstabel.
Meisie mis jong geselskap in haar lewe. Dit laat ontstaan ‟n nog groter
verlange by haar na ontvlugting uit die beklemmende bestaan; dus ‟n
verlange na die sirkus met sy magiese kragte.

RUIMTE
Ons gaan hier kyk na binneruimte en buiteruimte.
1 Visuele binneruimte:. Die ruimte soos ons dit op die verhoog sien,
stel die kombuis van ‟n uiters armoedige huisie voor. Dit is duidelik dat
dit in die vroeër jare afspeel: kleredrag, meubels, koolstoof, ens. dui
daarop. Die huisie is van sink gebou. Daar is deure wat na ander dele
lei, bv. die gangdeur wat na die res van die huis lei soos die
slaapkamers wat dikwels ter sprake kom. Dan is daar die agterdeur wat
na buite lei (vryheid) en die valdeur in die plafon waar die Pa al jare lank
woon (gevangeskap).



Die is die intelektuele eiendom van Opsommings.com_ en mag nie versprei word nie. Kopiereg
voorbehou

Get to know the seller

Seller avatar
Reputation scores are based on the amount of documents a seller has sold for a fee and the reviews they have received for those documents. There are three levels: Bronze, Silver and Gold. The better the reputation, the more your can rely on the quality of the sellers work.
viankeherbst
View profile
Follow You need to be logged in order to follow users or courses
Sold
64
Member since
4 year
Number of followers
50
Documents
17
Last sold
5 months ago
Opsommings

Here I sell my own summaries of different types of subjects from grade 10 to 12.

4,1

8 reviews

5
5
4
1
3
0
2
2
1
0

Recently viewed by you

Why students choose Stuvia

Created by fellow students, verified by reviews

Quality you can trust: written by students who passed their exams and reviewed by others who've used these notes.

Didn't get what you expected? Choose another document

No worries! You can immediately select a different document that better matches what you need.

Pay how you prefer, start learning right away

No subscription, no commitments. Pay the way you're used to via credit card or EFT and download your PDF document instantly.

Student with book image

“Bought, downloaded, and aced it. It really can be that simple.”

Alisha Student

Frequently asked questions