Gesiene Gedig
Daarom
• Boodskap:
o Die tieners sukkel met hulle selfbeeld
o Tieners sukkel met groepsdruk, hulle wil inpas, maar kan nie want hulle het lae
selfbeeld probleme, voorkomsprobleme
o Tienerjare kan baie moeilik wees as seuns en meisies selfbeeld probleme het
• Titel (Daarom) - Voegwoord
o Skakel tussen twee gedagtes
▪ Vrye vers - Geen vaste rympatroon nie
▪ Gedig het 3 strofes
▪ Ek verteller (eerste person verteller - dui op sy eie persoonlike ervarings
• My profiel - Beskryf die seun se tipiese tienerprobleme
o Tiener seun sien sy profiel in die spieël
o Profiel - jou gesig van die kant gesien
o Hy is ‘n spieëlskrikker - Hy voel soos iemand wat selfs tot die spieël sal laat skrik
▪ Neologisme (Spieëlskrikker)
• My vel ‘n dermatoloog se droom
o Die seun het velprobleme: puisies en ‘n dermatoloog kan geld maak uit sy probleem
o D- alliterasie
o Metafoor “my arms en bene misliklank in die pad”
▪ Die arms en bene van die tiener is buite proporsie ten opsigte van die res van
sy lyf (Lyf te lank)
▪ Mislik – negatiewe konnetasie - Tipiese tiener seun
• Dons – fluff leek
o Die seun begin ‘n lyfhare kry; spesifiek haartjies op sy bolip
o Hormone verander ‘n seun in ‘n man
o Bleek – ligte donshare
▪ B- alliterasie
o Tussen meisies voel die seun ongemaklik en onseker omdat hy skaam en ontevrede
is met homself
o Metafoor – hy voel soos ‘n groot idioot tussen meisies
• Duppelpunt- verduideliking volg hoe hy voel tussen meisies
• Toon: Selfbejammering vir die seun
o Raak bewus van die teenoorgestelde geslag
o Die seun se stem wil breek
▪ Deurslaanstem (Neologisme)
▪ Die rede waarom hy so optree is ‘n respons op sy lae selfbeeld
, • Daarom - hoofletter vir beklemtoning
o Dit is vir die seun ononderhandelbaar, hy sal ‘n lang kuif hê en wegkruip agter sy kuif
(fringe) -Dit is sy beskerming
o K - alliterasie
o Die (onondel handelbaar) tussen hakies dui ‘n parantese aan
o Sy afsak-broek weerspieël sy selfbeeld - hy oefen dit want dit is hoe hy werklik oor
die lewe voel, hy wil vir ander wys hoe sleg hy oor homself voel
• Enjambement
o Afsakbroek-stap (neologisme) - Hy geniet dit nie om ‘n tiener te wees nie, soos hy
behoort te doen want hy is jonk
o Hy bid die tyd om
o Daarom – hoofletter , beklemtoon die rede
o Enkele versreël – dui op beklemtoning nl. Sy woede met die wêreld (alleenplasing)
o Hy donder die deure toe totdat die tyd om is.
o Die seun wil nie kommunikeer nie
o D – alliterasie - Ons voel dan weer simpatie vir die seun (Treffende slot)
Palimpses
• Die bou/struktuur.
o Uiterlike bou: 14 versreëls
o Strofe 1: 8 reëls – oktaaf
o Strofe 2: 6 reëls - sestet soortgelyk aan ‘n Engelse /Shakesperaanse sonnet
• Innerlike bou
o Progressie:
▪ Eerste strofe - vernietiging
▪ Tweede strofe - herskepping
• Tema:
o Venietiging en herskepping.
o Bome leef voort deur hergebruik van die hout
o Bv, die skepping van papier vir kreatiewe skryf
• Stemming – Hartseer
• Tipografie
o Moderne weergawe van engelse sonnet. 14 versreëls. Strofe 1 = oktaaf / 8 versreëls –
dui die beeld van die bome aan.
o Drie en ‘n halwe sin met punktuasie, asof die gekap van die byl in die kort sinne
gehoor kan word
o Strofe 2 = sestet / 6 versreëls – dui die toepassing van die beeld aan
• Progressie: bome word vernietig (strofe 1) en herskep (strofe 2)
o Bome sal voortleef deur papier en die skryfproses waardeur bome se storie ook
vertel kan word
• Strofe 1 – Vernietigingsproses
, o Die houtkapper kom om die bome af te kap.
o Die natuur word deur houtkapper vernietig
• Strofe 2 – Herwinningsproses
o Die hout wat afgekap is word verwerk
o Die beste voorbeeld is die papier wat ons elke dag gebruik
• Titel van die gedig:
o Palimpses: Antieke perkamentrol (parchment scroll) wat gewoonlik meer as een
keer gebruik kan word
o Weens tegnologiese vordering kan die vorige boodskap nou dikwels gelees word.
• Die woord “bome” aan die begin van die gedig word beklemtoon.
o Beelspraak - Personifikasie
o Personifikasie: Die bome gebruik hulle takke om in die lug te skryf.
o Ons weet nie wat die bome skryf nie: dalk hulle lewensverhaal.
• Dit bewys vir ons dat daar nie wolke in die lug is nie.
o In terme van papier sal die papier nie gekreukel wees nie.
o Die “niemand” is die mense
o Niemand weet wat die presiese boodskap is wat die bome probeer kommunikeer
nie.
• Die houtkappers kom om die bome af te kap.
o Toerusting: hulle gebruik ‘n byl.
• Die versreël het twee betekenisse:
o Letterlik: Die bome word afgekap.
o Figuurlik: Dit beteken die bome is dood.
• Die woord “vel” beteken om die bome af te kap.
o Die strofe begin en eindig met die woord bome: Dit help om die strofe tot ‘n eenheid
te bind.
• Die hout gaan na die meulens (mills) om die vervaardigingsproses te begin.
o Dit is ‘n verdere bewys dat die bome dood is.
o Assonansie - “saag en maal”.
• Die hout word verwerk.
o Plet: die bome se hout word platgeslaan om papier te maak.
o Wanneer daar baie boeke is wat nie verkoop word nie, word dit dikwels verpulp –
sodat dit weer gebruik kan word.
o Polisindeton – die herhaling van voegwoorde om n sekere effek te skep
o Alliterasie: “p-klank” in “pulp en plet die hout”.
• Inversie: Ons word herinner dat die bome dood - Die bome kan nie meer skryf nie
• Funksie van inversie: Beklemtoon die woord “stil”
o Die strofe eindig met ‘n kommapunt (;).
o Stylfiguur – Enjambement..
• Die strofe begin met die woord “stil” wat verder vir die leser beklemtoon dat die bome dood
is.