© 2026 Juffrou Ansie Studie Notas. Alle regte voorbehou. Hierdie materiaal mag nie sonder skriftelike toestemming
gereproduseer of versprei word nie.
, 2
INLEIDING
Hierdie Droomdelwers – Opstel- en Kontekstuele Vraeboekie is saamgestel om leerders
te help om Esta Steyn se roman op ’n eksamen gerigte manier te hersien, verstaan en
toepas. Die doel van hierdie boekie is nie net om die verhaal inhoud te herhaal nie, maar
ook om leerders te help om moontlike opstel- en kontekstuele vrae met selfvertroue en
begrip te benader.
Die dokument bevat ook “Toets jou Kennis”-afdelings wat leerders help om belangrike
gebeure, karakters, temas en literêre aspekte van die roman vinnig te hersien. Hierdie
afdelings is ideaal vir self toetsing, klas vaslegging en voorbereiding vir eksamens. Dit gee
leerders die geleentheid om seker te maak dat hulle die inhoud verstaan voordat hulle
langer antwoorde of opstelle aanpak.
Hierdie boekie vorm deel van die Droomdelwers Hulpbron pakket en werk saam met die
Analise/Opsomming-boekie sowel as die PowerPoint-aanbieding. Die
Analise/Opsomming-boekie help leerders om die roman se inhoud, temas, karakters en
literêre tegnieke deeglik vas te lê, terwyl hierdie boekie fokus op die toepassing van daardie
kennis in eksamen antwoorde. Die PowerPoint-aanbieding kan gebruik word vir visuele
hersiening, klasbesprekings en vinnige opsommings van belangrike werk.
Sterkte met jou voorbereiding!
Lees elke vraag aandagtig, beplan jou antwoorde deeglik en onthou om jou idees altyd met
relevante gebeure, karakters en temas uit Droomdelwers te ondersteun.
Juffrou Ansie
© 2026 Juffrou Ansie Studie Notas. Alle regte voorbehou.
Hierdie materiaal mag nie sonder skriftelike toestemming gekopieer, versprei, herverkoop, aangepas of digitaal gedeel word nie. Hierdie dokument is slegs
vir persoonlike studie- en klaskamer gebruik deur die koper bedoel. Beelde wat in hierdie hulpbron gebruik word, is KI-gegenereer en/of geskep vir
opvoedkundige en klaskamer ondersteunings doeleindes. Hulle word gebruik om leerders te help om die karakters, omgewing en belangrike idees in die
stuk te visualiseer.
© 2026 Juffrou Ansie Studie Notas. Alle regte voorbehou. Hierdie materiaal mag nie sonder skriftelike toestemming
gereproduseer of versprei word nie.
, 3
Inhoud
Moontlike Opstel Vrae .................................................................................................................................. 3
OPSTEL 1: Leendra van Hellberg se soeke na waarheid en vryheid .......................................................... 3
OPSTEL 2: Die invloed van die milieu op die karakters in Droomdelwers................................................. 5
OPSTEL 3: Konflik in Droomdelwers .......................................................................................................... 8
OPSTEL 4: Die rol van liefde in Droomdelwers ........................................................................................ 10
OPSTEL 5: Droomdelwers as kontreiverhaal ........................................................................................... 12
OPSTEL 6: Geheimenisse en waarheid in Droomdelwers ....................................................................... 14
OPSTEL 7: Die rol van Sielie van Hellberg in Droomdelwers ................................................................... 16
OPSTEL 8: Die rol van die Redelinghuys-familie in Droomdelwers ......................................................... 18
OPSTEL 9: Versoeking as tema in Droomdelwers ................................................................................... 21
OPSTEL 10: Die betekenis van die titel Droomdelwers ........................................................................... 23
Kontekstuele Vrae ..................................................................................................................................... 25
Toets jou kennis........................................................................................................................................... 37
Moontlike Opstel Vrae
OPSTEL 1: Leendra van Hellberg se soeke na waarheid en vryheid
Opstel vraag:
Bespreek Leendra van Hellberg se soeke na waarheid en innerlike vryheid in
Droomdelwers in ‘n opstel van 400-450 woorde. Verwys na die invloed van die verlede,
die geheime rondom die Kleinkloof, haar verhoudings met ander karakters en hoe die
ontdekking van die waarheid uiteindelik tot haar emosionele bevryding lei.
© 2026 Juffrou Ansie Studie Notas. Alle regte voorbehou. Hierdie materiaal mag nie sonder skriftelike toestemming
gereproduseer of versprei word nie.
, 4
Moontlike Antwoord:
In die roman Droomdelwers deur Esta Steyn speel Leendra van Hellberg se soeke na
waarheid en innerlike vryheid ’n baie belangrike rol. Ná sewe jaar in die gevangenis keer sy
terug na Soutmansdal om antwoorde te kry oor haar ouers se dood, Ferdinand se dood en
die geheime rondom die Kleinkloof. Haar soeke na die waarheid dryf die intrige van die
roman vorentoe en lei uiteindelik tot haar emosionele bevryding en genesing.
Leendra keer terug na Soutmansdal met diep emosionele wonde en pyn uit die verlede. Die
gemeenskap sien haar steeds as ’n moordenaar, en sy dra swaar skuldgevoelens oor alles
wat gebeur het. Die jare in die tronk het haar verander en emosioneel afgesonder gemaak.
Sy besef egter dat sy nooit werklik sal kan aangaan met haar lewe voordat sy die waarheid
ontdek het nie. Haar terugkeer simboliseer dus die begin van ’n moeilike innerlike reis
waarin sy probeer om haarself te vind en vrede te maak met die verlede.
Die ontploffing in die Kleinkloof speel ’n groot rol in haar soeke na antwoorde. Haar ouers
het tragies in die ontploffing gesterf, maar niemand weet presies wat daardie dag gebeur
het nie. Leendra vermoed van die begin af dat sekere mense die waarheid probeer
wegsteek. Hierdie onsekerheid laat haar aanhou delf na antwoorde, selfs wanneer dit
emosioneel pynlik raak. Die geheim rondom die ontploffing simboliseer ook die donker
geheime wat mense soms vir jare saam met hulle dra.
© 2026 Juffrou Ansie Studie Notas. Alle regte voorbehou. Hierdie materiaal mag nie sonder skriftelike toestemming
gereproduseer of versprei word nie.