© 2026 Juffrou Ansie Studie Notas. Alle regte voorbehou. Hierdie materiaal mag nie sonder skriftelike toestemming gereproduseer of versprei word nie.
, 2
INLEIDING
Hierdie Donker Web – Opstel- en Kontekstuele Vrae Voorbereidings boek is saamgestel
om leerders te help om Fanie Viljoen se roman op ’n eksamen gerigte manier te hersien en
toe te pas. Die doel van hierdie boekie is nie net om die inhoud van die roman te herhaal nie,
maar om leerders te wys hoe om moontlike opstel vrae en kontekstuele vrae met selfvertroue
te benader.
Die dokument bevat ook “Toets jou Kennis”-afdelings wat leerders help om belangrike
teksgedeeltes, gebeure en literêre aspekte vinnig te hersien. Hierdie afdelings is veral nuttig
vir self toetsing, klas vaslegging en voorbereiding vir kontekstuele vrae. Leerders kan dit
gebruik om te kyk of hulle die inhoud verstaan voordat hulle langer antwoorde of opstelle
aanpak.
Hierdie boekie vorm deel van die Donker Web Hulpbron pakket en werk saam met die
Analise/Opsomming-boekie en die PowerPoint-aanbieding. Die Analise/Opsomming-
boekie help leerders om die roman se inhoud en literêre aspekte vas te lê, terwyl hierdie
boekie hulle help om daardie kennis in eksamen antwoorde toe te pas. Die PowerPoint-
aanbieding kan gebruik word vir visuele hersiening en klasbesprekings. As jy enige van die
ander hulpbronne benodig, kontak
Sterkte met jou voorbereiding!
Lees elke vraag mooi, beplan jou antwoorde deeglik en onthou om jou idees altyd met
relevante gebeure uit die roman te verbind.
Juffrou Ansie
© 2026 Juffrou Ansie Studie Notas. Alle regte voorbehou.
Hierdie materiaal mag nie sonder skriftelike toestemming gekopieer, versprei, herverkoop, aangepas of digitaal gedeel word nie. Hierdie dokument is slegs vir
persoonlike studie- en klaskamer gebruik deur die koper bedoel.
Inhoud
OPSTELTIPE-VRAE ........................................................................................................... 3
Die innerlike konflik wat Greg ervaar .............................................................................. 3
Innerlike en uiterlike konflik van Oom Dirk, Plank, Xander en Tom, asook die effek wat
hierdie konflikte op Greg gehad het ................................................................................ 5
Die geestelike groei, ontwikkeling en insig van die protagonis, Greg Owen ........................ 7
Lewensgevaarlike situasie in Istanboel .......................................................................... 8
© 2026 Juffrou Ansie Studie Notas. Alle regte voorbehou. Hierdie materiaal mag nie sonder skriftelike toestemming gereproduseer of versprei word nie.
, 3
Donker Web as ontwikkelingsroman. ............................................................................. 9
Wraak: “Die ou wat wil wraak neem, moet twee grafte grawe.” ....................................... 10
Greg se fisiese reis en lewensreis. ............................................................................... 13
Die tronk ruimte se invloed op die Owen-gesin. ............................................................ 15
Vaderfigure ................................................................................................................ 16
Water as deurlopende motief. ..................................................................................... 18
Dirk Schutte as newekarakter ...................................................................................... 20
Wantroue tussen Greg en Xander. ................................................................................ 22
Greg en Xander as buitestanders. ................................................................................ 24
Die progressiewe spanning in die klimaks .................................................................... 26
Kontekstuele vrae .......................................................................................................... 28
Toets jou Kennis ............................................................................................................ 33
OPSTELTIPE-VRAE
Die innerlike konflik wat Greg ervaar
Innerlike konflik vind in ’n karakter se gemoed plaas. Bespreek die innerlike konflik
wat Greg ervaar in ’n opstel van 400 tot 450 woorde. Sê ten slotte of jy simpatie
het met Greg of nie.
Inleiding
In die roman Donker Web deur Fanie Viljoen ervaar Greg Owen baie innerlike
konflik. Hy sukkel om sy broer John se selfdood te aanvaar, hy voel skuldig oor sy
pa se ontmaskering en hy worstel met die gevolge van sy eie keuses. Sy innerlike
konflik wys hoe swaar verlies, skuld, verraad en onsekerheid op ’n mens kan druk.
Liggaam
Greg se innerlike konflik begin by sy broer John se dood. Hy sukkel om John se
selfdood te aanvaar en te verwerk. Hy verbeel hom selfs dat hy John groet
© 2026 Juffrou Ansie Studie Notas. Alle regte voorbehou. Hierdie materiaal mag nie sonder skriftelike toestemming gereproduseer of versprei word nie.
, 4
voordat hy na Stellenbosch vertrek. Dit wys dat Greg nog nie emosioneel van sy
broer kon afskeid neem nie. Hy is ook bang dat hy John later nie meer sal onthou
nie, daarom neem hy ’n foto van ’n foto van John in sy ouerhuis. Hierdie optrede
wys dat Greg desperaat probeer vashou aan die herinnering aan sy broer.
Greg voel ook baie skuldig oor sy pa. Hy voel verantwoordelik vir sy pa se
ontmaskering en betrokkenheid by Project Nursery Rhyme. Sy pa beland in die
tronk en dit maak Greg se skuldgevoelens nog erger. Hy voel seergemaak omdat
sy pa hom verwerp en vir hom sê dat hy wens dit was Greg wat dood is en nie
John nie. Hierdie woorde laat Greg skaam, onseker en verward voel. Sy
medestudente se oordeel maak dit nog moeiliker, want hulle beskuldig hom
daarvan dat hy sy pa vir die wolwe gegooi het.
Greg se innerlike konflik word verder vererger deur sy verhouding met ander
mense. Hy trek hom terug in sy woonstel en meng nie maklik met ander studente
nie, omdat hulle hom vermy en niks met hom te doen wil hê nie. Hy ontdek ook
tydens die Paasnaweek dat sy ma ’n minnaar in haar lewe het. Dit laat hom
ontnugter en onseker voel, omdat hy besef daar is meer geheime in sy gesin as
wat hy geweet het. Hierdie gesin geheime laat hom voel asof hy nie meer weet
wie hy kan vertrou nie.
Greg ervaar ook konflik tydens sy soektog na die Baker. Hy voel verbitterd omdat
die Baker nog nie gevang is nie en steeds ’n bedreiging bly. Hy twyfel later of hy
Xander moet vertrou en nader vir hulp om die Baker te vind, omdat Xander se
wraak die oorsaak van baie skade in Greg se lewe is. Tydens die soektog is Greg
desperaat, want hy vrees dat die Baker sy ma en pa kan doodmaak. Sy vrees,
skuld en onsekerheid druk hom om aan te hou soek, al bring dit hom en ander
mense in gevaar.
Greg voel veral skuldig oor Plank. Hy skuif sy beste vriend al hoe meer opsy tydens
sy soektog saam met Xander. Hy tree ook soms gevoelloos teenoor Ayla op,
omdat hy weet sy is Xander se meisie en nie syne nie. Greg kan homself later nie
vergewe nie, omdat hy in Turkye vir Xander bo Plank gekies het. Wanneer Plank
sterf, ervaar Greg intense skuldgevoelens en hartseer, want hy besef dat Plank ’n
slagoffer van sy obsessie met die Baker geword het.
’n Mens kan simpatie met Greg hê, omdat dit nie maklik is om jou pa te verraai en
in die tronk te laat beland nie. Greg het ook baie trauma beleef: sy broer is dood,
sy pa verwerp hom, sy ma hou geheime en sy beste vriend sterf. Tog kan ’n mens
ook voel dat Greg nie oor alles skuldig hoef te voel nie, omdat baie onskuldige
© 2026 Juffrou Ansie Studie Notas. Alle regte voorbehou. Hierdie materiaal mag nie sonder skriftelike toestemming gereproduseer of versprei word nie.