Aktiwiteit 2.3
Beantwoord die volgende vrae deur slegs die vraagnommer en die korrekte antwoord
neer te skryf:
2.3.1 Tweeklanke word ook (likwides/diftonge/sonorante) genoem.
2.3.2 Eksplosiewe staan ook bekend as (plofklanke/frikatiewe/afrikate).
2.3.3 Nasale word gevorm met lug wat (teen ʼn hoë tempo deur die spraakkanaal
gestoot word / vrylik deur die spraakkanaal vloei / deur die neusholte vloei).
2.3.4 Watter stelling is WAAR?
Die klanksegment [b] is ʼn ...
a) stemlose alveolêre sluitklank.
b) stemhebbende bilabiale sluitklank.
c) stemlose palatale sluitklank.
d) stemhebbende velêre sluitklank.
2.3.5 Die Afrikaanse vokaal [e] is ʼn ...
a) ongeronde middelhoë voorvokaal.
b) geronde lae voorvokaal.
c) ongeronde middellae sentrale vokaal.
d) geronde hoë agtervokaal.
2.3.6 Watter klankverskynsel vind plaas as muis [mœys] as mys [məis]
uitgespreek word?
a) Assimilasie
b) Assonansie
c) Alliterasie
d) Ontronding
2.3.7 Die uitspreek van troewel [truvəl] in die plek van troebel [trubəl] is ’n voorbeeld
van (assimilasie/degeminasie/assibilasie).
2.3.8 Die wysiging van salaris [salarəs] tot silaris [səlarəs] word (vokaalreduksie/
vokaalverhoging/vokaalverlaging) genoem.