deur
Chris Barnard
HOOFSTUK 1
Die hoofstuk en verhaal begin met die woord “vrees”. Dit
verklap reeds iets baie belangriks aan die leser in terme van die
hoofkarakter, Max Delport, se gemoedstoestand en dit gee
aanleiding tot heelparty vrae: waarom is hy bang? Vir wie is hy
bang? En wanneer mens verder lees dat die vrees “al so deel
van hom geword het”, wonder die leser: hoe lank dra Delport
dan al hierdie vrees in hom rond?
Hierdie vrees het veroorsaak dat Delport sy lewe daarom begin
organiseer en bou het: hy gaan net Caipemba (‘n dorpie waar
hy voorraad gaan koop elke paar weke) indien dit
noodsaaklik is en dan meng hy ook glad nie met vreemdes
terwyl hy daar is nie. Hy noem dat “die lawaai en ligsinnigheid
van kroeë hom irriteer”: dit skep die indruk hy moontlik
voorheen kroeë besoek het, maar dat dit hom nou nie meer juis
EIENDOM VAN M SOUNES GEEN AFSKRIFTE MAG HIERVAN GEMAAK EN VESPREI WORD NIE 1
,aanstaan nie. Dit is belangrik vir later in die verhaal!!! (Sien
die @-nota aan die einde van die opsomming.)
In die tweede paragraaf word die moontlike rede agter Delport
se vrees genoem: ‘n persoon met die naam Ritter. En dadelik
word daarmee saam ‘n ander karakter op die voorgrond getrek:
‘n jong meisie wat Delport nader en hom vra of hy weet
wanneer die boot vertrek. Dit is vreemd en terselfdertyd
interessant, want die meisie het op ‘n winkelstoep gesit, omring
deur mense en tog het sy hóm doelbewus genader om oor die
boot te vra. Die meisie word beskryf as jonk: sy lyk skaars
sestien. Sy lyk onskuldig en baie onseker van haarself. Sy is
skraal en effens kort en lyk verwese in haar beswete rok. Haar
skouers is kaal en bruingebrand en haar kortgeknipte hare is
met ‘n lint vasgemaak. Sy praat Portugees met Delport. Haar
voorkoms skep ‘n beeld wat onbedreigend is.
Iets wat belangrik is en gevind sal word regdeur die loop van
die verhaal, is die herhaling van sekere dinge, soos
byvoorbeeld die hitte, die konstante sweet, die vlieë, die
frangipani. Die skrywer doen dit met ‘n baie doelbewuste rede:
hiermee beklemtoon hy die eentonigheid en die eensaamheid
van die lewe wat Delport lei. Dinge verander nie: dit is ‘n
konstante siklus wat die leegheid van Delport se lewe uitlig. Let
ook op na die lang en soms uitgerekte sinne. Dit sluit by hierdie
idee aan.
Dan: die boot. Die Mahala. Dit is waar die aanknopingspunt
EIENDOM VAN M SOUNES GEEN AFSKRIFTE MAG HIERVAN GEMAAK EN VESPREI WORD NIE 2
,tussen Delport en die meisie plaasvind. Die boot se naam is
natuurlik dan ook die titel van die verhaal, wat vir ons sê dat dit
derhalwe belangrik moet wees. Dit sal ook later in die
opsomming verder verduidelik word. (Sien die #-nota aan die
einde van die opsomming.)
Delport skrik wanneer die meisie vra hoeveel dit kos om tot by
die derde halte te kom, want dit is waar hý moet afklim. En nét
hy het gewoonlik daar afgeklim, baie selde soms iemand van
die koffieplaas. Dadelik plaas dit Delport op sy hoede: die derde
halte is sy terrein, sy heiligdom, sy veilige vesting. Let op hoe
die noem van die derde halte Delport dadelik bewus maak van
die vlieë wat om sy warm gesig vlieg. Die vrees skop dus in en
maak hom bewus van alles wat om hom aangaan.
Die meisie haal ‘n sakdoek voor uit haar rok en wys dit aan
Delport: haar geld was daarin gebêre, maar sy het dit verloor.
Sy vra of hy haar nuwe swart leersak wat sy skuins oor haar
bors gedra het, sal aanvaar as betaling om op die Mahala te
kom. Weereens word die vlieë genoem: dit was ook om die
meisie se gesig.
Rodrigue is die “kaptein” van die Mahala. Hy was besig om met
‘n vuurhoutjie tussen sy swartgevlekte tande te krap, wat vir die
leser wys dat hy óf baie rook óf nie baie higiënies is nie. Of dalk
selfs albei. Sy oë het gebly op die meisie. Delport het vir hulle
altwee betaal en gehoop die meisie sal weggaan, maar sy het
hom gevolg en langs hom gaan sit.
EIENDOM VAN M SOUNES GEEN AFSKRIFTE MAG HIERVAN GEMAAK EN VESPREI WORD NIE 3
, Delport het sy oë toegemaak en geluister na die gerusstellende
en bekende klanke wat hy al so goed ken: hy het ook ‘n
gevestigde roetine gehad, wat hy beskryf wanneer hy sê die
son sou reeds onder wees teen die tyd dat hulle die derde halte
bereik en by die huis sou hy buite op die stoep sy whisky sit en
drink en die nag ruik. ‘n Gevestigde roetine skep ‘n idee van
gerusstelling, van sekerheid en dit verdryf die vrees vir ‘n rukkie.
Hy herhaal die feit dat die “goed” is om terug te wees op die
boot na ‘n lang dag en dat dit “goed” was na so dag waar hy
eers weer oor 4 weke terug moes gaan na Caipemba. Hieruit
kan die leser aflei dat Delport verkies om in isolasie en
eensaamheid te lewe en die samelewing soveel as moontlik
probeer vermy. Hoekom? Wat het in sy lewe gebeur dat hy op
hierdie punt gekom het, is die vraag. (Sien %-nota aan die
einde van die opsomming.)
Die meisie probeer ‘n gesprek aanknoop, maar Delport is stug.
Hy kyk eers na haar wanneer sy vra hoe lank dit tot by die
derde halte is: dit neem drie ure. Hy wonder wanneer kom
Rodrigue: dit vertel die leser dat dit ‘n gewoonte is tussen die
twee mans om te gesels op die boot: dit is deel van die roetine.
Dan dink Delport aan die kind en An. Die kind het ‘n speletjie
wat hy gewoonlik speel: hy neem ‘n plankie en skraap paaie
daarmee oral oor die agterplaas. Die paaie draai en vurk, maar
kom altyd terug na dieselfde plek. Dit vertel ons iets van die
kind se gewoontes, maar dit het ook moontlik ‘n
EIENDOM VAN M SOUNES GEEN AFSKRIFTE MAG HIERVAN GEMAAK EN VESPREI WORD NIE 4