Opkomende SA kunstenaars:
Deur Westerse bewegings beïnvloed: Realisme, Impressionisme,
Ekspressionisme. Apartheid was die beleid wat in 1948 begin het: het rasse
skeiding veroorsaak. Township kuns (Sekoto & Pemba): Kuns deur swart
kunstenaars om die “township” lewe uit te beeld. Dit wys hoe hulle by
verstedeliking aangepas het. Die onderwerp val nie onder proteskuns nie.
In 1989 was daar ʼn uitstalling gehou vir swart kunstenaars, daar was tydens
Apartheid min oor swart kuns geskryf.
Gerard Sekoto:
Hy het in townships soos Sophiatown, Distrik 6 en Eastwood gewoon. Parys
toe getrek in 1947 om kuns te ontwikkel en was deur onreg in SA beïnvloed.
Hy was beïnvloed deur die Suid Afrikaanse omgewing, veral townships en
deur Post Impressionisme met sy kleurgebruik. Hy het ʼn figuratiewe styl
gehad met emosie deur kleur suggereer. Sy vorms was rond met
verwringing. Vreemde perspektiewe en soms gesigte weggelaat. Hy
idealiseer die township lewe en fokus op kuns se elemente eerder as
realiteit. Bewaar plekke soos Sophiatown se geskiedenis.
The song of the pick:
Die werk is in die figuratiewe styl. Die groep
swart werkers met hul pikke is die
onderwerp, met wit man wat pyp rook agter.
Die fokus lê op die werkers se identiese
houdings met hul pikke in die lug. Die
komposisie bestaan uit diagonale lyne wat
beweging skep. Dit is asimmetries ,met die groot groep links met klein
toesighouer regs. Die afgesnyde beeld verdrink jou in die toneel in en lê jou
aandag op hul lywe en die harde werk, dit gee dit ook realisme. Ritme
word deur die herhaling geskep van vorms en kleure, sluit ook aan by hul
herhalende aksies. Daar word kontras geskep deur die groot
hardwerkende groep werkers en die toesighouer wat niks doen.
,Die skildery is gebaseer op ʼn swart en wit foto wat hy vir jare saam hom
gedra het en aangepas vir dramatiese effek. Sy vorms is duidelik om maklik te
wees om te verstaan. Hy gebruik helder kleure om energie te skep en
aandag te trek. Die toonwaardes wat lig en donker is, skep ʼn ronde soliede
gevoel. Die boodskap word deur die konsep van hoop uitgebeeld. Die
werkers is sterk en baie terwyl die toesighouer swak lyk. Hierdie dui op die
moontlikheid van verandering. Dit vang ook onregverdigheid en
ongelykheid van Apartheid vas.
Prison yard:
Die olieverfskildery met duidelike kwashale is in die figuratiewe styl. Sekoto
het by Mev Manuel gebly in ʼn huis wat oor Roelandstraat tronk uitgekyk
het=inspirasie. Gevangenes loop onder die oog van die bewaarder. Bestaan uit
diagonale rangskikking wat die oog lei en aandag fokus op beknopte figure
wat nie kan ontsnap. Die herhaling van vorms, kleure en beweging laat dit
voel asof hulle verby jou marsjeer=diepte. Daar is min oop ruimtes, slegs
subtiele deel van berg regs. Die vorms het soliditeit en is rond. Diagonale
lyne beklemtoon die helling waarteen die gevangenis is. Kleure is primêr om
fokus en lewendigheid te skep. Hy ondersoek in die werk die sielkundige
verskil tussen die gevangene en tronkbewaarder. Gevangenes is beknop
teen mekaar en saamgepers; maak bewaarder se bene is oop en gemaklik.
Alles dui op gevangenskap=houdings, klere, groep en dit is in kontras met
vryheid van bewaarder.
George Pemba:
Hy is gebore in ʼn klein dorpie en was later as onderwyser opgelei. Die style
soos realisme, ekspressionisme en impressionisme het hom beïnvloed. Hy
het groepportrette of portrette gemaak met godsdienstige integrasie. Sy
vorme was solied met verwringing somtyds. Hy het gefokus op temas soos
vreugde, vrees, liefde, tradisie, verlies en godsdiens. Sy werk wys verskuif
vanaf landelike lewe na stedelik a.g.v. politiek.
Eviction-Woman and Child:
, Die styl is figuratief met ekspressionistiese eienskappe. Die media is olie
op bord. Die onderwerp en fokuspunt is ʼn vrou en haar kind in middel
van landskap met huisies. Die beweging word deur die kronkelpad geskep
wat oog lei deur toneel, die lyn deur die pad geskep lei jou oog na die huise bo.
Die oordrewe oranje lug is in kontras met naturalistiese kleure orals
anders. Die oranje in die lug en serp skep balans in die werk. Sommige
proporsies soos huis is vergroot vir emosionele impak. Die vrou se vorm
van huise in vergelyking met vrou skep perspektief. Die vorms van meubels
is skerp, wat in kontras is met haar ronde sagte vorm, wat ʼn hartseer
ongelukkige gevoel skep. Die tekstuur word deur die duidelike kwashale
geskep om emosie oor te dra. Die titel weerspieël die gevoel van die werk, met
vrou wat buite sit met min besittings en moedeloos lyk. Die Kronkelpad
simboliseer haar reis en SA se geskiedenis van verpligte verskuiwings en
lyding onder die armes.
Portret van jong Xhosa-vrou:
Media en tegniek: waterverf, glad vermeng om verskillende vorms en
toonwaardes te skep. Tradisionele drag Xhosa vrou wat haar kop verby die
kyker tilt. Die klem is op die fokuspunt: kaal arm wat kyker se aandag lei na
gesig. Daar is kontras in die wit rok en geel serp=die verskil in toonwaardes
maak dit interessant. Die komposisie is gebalanseerd. Die aardse-kleure palet
verbind die elemente en bind dit tot ʼn eenheid. Die vertikale vorm word
deur toonwaardes geskep. Aardse kleur gee die werk ʼn warm gevoel. Daar is
ʼn verskeidenheid toonwaardes wat diepte versterk. Die klere in detail word
deur detail in tekstuur uitgebeeld. Die agtergrond is plat, met ʼn skaduwee wat
gegooi word=skep ruimte. Die boodskap: sy doel is om ʼn gevoel van sy
mense te interpreteer. Hy behandel die dame met waardigheid en mens kan
sien sy is trots op haar erfenis. Hy lig ons in van sy tradisionele gebruike. Ook
ʼn sielkundige insig van persoonlikheid=sy was egte persoon.
SA kunstenaars deur Afrika/ Inheemse kuns
beïnvloed:
Die invloede is van San rotskuns, kubisme, fauvisme, ekspressionisme.
Inheemse Afrika kuns was aanvanklik beskou as “primitief”. Het groot invloed