WISKUNDE
HERSIENINGSGIDS
PROPVOL HERSIENINGSOEFENINGE,
TOETSE, VRAESTELLE EN
MEMORANDUMS
, GETALLE, BEWERKINGS EN VERWANTSKAPPE
1. Vul die ontbrekende getalle in:
a) Tel aan in 2’s: 6; 8; ; ; ; (2)
b) Tel aan in 10’e: 110; 120; ; ; ; (2)
2. Vul die ontbrekende getalle in:
a) Tel terug in 3’s: 30; 27; ; ; ; (2)
b) Tel terug in 20’s: 120; 100; ; ; ; (2)
3. Skryf die volgende getalle in woorde:
a) 66: (1)
b) 420: (1)
4. Skryf die volgende getalle in syfers:
a) agt-en-veertig: (1)
b) eenhonderd-en-sestig: (1)
5. Wat is die waarde van die 4 in die volgende getalle?
a) 43 (1)
b) 4 631 (1)
6. Skryf die ontbrekende getalle hieronder neer en kontroleer jou
antwoorde:
a) 53 – 22 = Kontroleer: +22= (2)
b) 148 + 11 = Kontroleer: –11= (2)
7. Doen hierdie somme:
a) 83 +16= (1)
b) 97 –35= (1)
c) 132+64= (1)
8. Daar is 120 bokke, 55 skape en 25 koeie op ’n plaas. Voltooi die
volgende:
a) Hoeveel bokke en koeie is daar altesaam?
Daar is _____ bokke + _____koeie = ______ bokke en koeie. (2)
b) Hoeveel meer skape as koeie is daar?
Daar is ______ skape – ______ koeie = ______ meer skape as koeie. (2)
Totale punte: 25
Wiskunde Graad 4