BESIGHEIDSTUDIES
KWARTAAL 1
FORMELE
ASSESSERING 1
PUNTE: 100
TYD: 1½ UUR
1|Page www.summariessa.co.za Besigheidstudies
Graad 12 Maart Vraestel
,INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:
AFDELING A: VERPLIGTE
AFDELING B: Bestaan uit DRIE onafhanklike vrae wat ALLE onderwerpe dek.
Beantwoord enige TWEE vrae
AFDELING C: Bestaan uit TWEE vrae wat ALLE onderwerpe dek.
Beantwoord enige (slegs) EEN vraag uit hierdie afdeling.
2. Onnodige antwoorde sal nie nagesien word nie.
3. Neem die tyd in ag wanneer die vrae beantwoord word.
4. Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en beantwoord slegs wat vereis word.
5. Nommer die antwoorde volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik word.
6. Beantwoord in volledige sinne, behalwe in vrae waar ander instruksies gegee word.
7. Gebruik die puntetoekenning as 'n riglyn vir die lengte van vrae.
8. Laat 'n reël tussen antwoorde.
9. Begin elke vraag op 'n nuwe bladsy.
10. Gebruik slegs blou pen. Antwoorde in potlood sal nie nagesien word nie.
11. Gebruik die tabel hieronder as 'n riglyn vir punte en tyd vir elke vraag.
VRAAG AFDELING PUNTE TYD
1 AFDELING A: Kortvrae, VERPLIGTEND 20 10
2
AFDELING B: Drie direkte / indirekte gevallestudies.
3 20 x 2 = 40 40
Beantwoord enige TWEE vrae.
4
5 AFDELING C: Opstelvrae. Beantwoord EEN vraag in
40 40
6 hierdie afdeling
100 90 min
7.
2|Page www.summariessa.co.za Besigheidstudies
Graad 12 Maart Vraestel
, AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1
Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die korrekte
antwoord en skryf die letter (AD) langs die vraagnommer (1.1.1 – 1.1.5) neer.
1.1.1 Die ... vereis dat besighede 'n dokument saamstel wat uiteensit hoe die besigheid van plan is
om regstellende aksie te implementeer.
A Wet op Vaardigheidsontwikkeling (SDA) (No. 97 van 1998)
B Wet op Gelyke Indiensneming (EEA) (No. 55 van 1998)
C Wet op Arbeidsverhoudinge (WAV) (No. 66 van 1995)
D Wet op Basiese Diensvoorwaardes (WBDV) (No. 75 van 1997)
1.1.2 'n Werknemer neem lang middagete pouses om sosiale media-inhoud te maak:
A Onetiese gedrag
B Etiese gedrag
C Onprofessionele gedrag
D Laat vir werk
1.1.3 Hierdie metode van probleemoplossing vereis dat die besighede verskeie alternatiewe oorweeg
voordat hulle die mees geskikte een kies
A Delphi tegniek
B Kragveld analise
C Voordele en nadele
D dinkskrum
1.1.4 Hierdie verpligte voordeel moet aan werknemers verskaf word soos dit deur die wet vereis
word.
A Mediese Fonds
B Motortoelae
C Werkloosheidsversekeringsfonds
D Etekaartjies
1.1.5 "Die besigheid voeg nuwe produkte by wat verband hou met bestaande produkte, maar sal
byval vind by nuwe kliënte."
A likwidasie
B terugwaartse integrasie
C markpenetrasie
D konsentriese diversifikasie (5 x 2)(10)
3|Page www.summariessa.co.za Besigheidstudies
Graad 12 Maart Vraestel