Les 1:
Definieer doelwitte en doelwitstelling
Selfkennis/ selfbewustheid:
● Wanneer jy weet wat jou interesseer, weet wie jy is en wat jou sterk- en swakpunte is
Selfbeeld:
● ‘n Term wat beskryf hoe jy oor jouself voel en hoe jy jouself sien
Doel:
● Wat jy hoop om te bereik sodat jy jou lewe voluit kan leef en jou omstandighede kan
verbeter
Ons het dikwels die begeerte om te verander, maar nie die plan nie. Sonder ‘n plan beland
ons in ‘n bose siklus deur nooit on doelwitte te bereik nie.
3 Soorte doelwitte:
Korttermyndoelwitte (minder as 1 jaar)
● Wat jy binne ‘n kort tydperk bereik
● Help jou om jou langtermyndoelwitte te bereik
● Bv. om met 5% te styg in enige vak
Mediumtermyndoelwitte (binne 3-5 jaar)
● Doelwitte wat jy binne 3-5 jaar wil bereik
● Bv. om ‘n sekere kursus te gaan studeer in 2025
Langtermyndoelwitte (meer as 5 jaar)
● Doelwitte wat jy oor meer as 5 jaar wil bereik
● Waar jy wil wees
● Bv. om ‘n familie te hê voor die ouderdom van 40
, Maak seker jou doelwitte is… SMART
Spesifiek
Jy weet presies wat jy wil hê, dit is nie ‘n wens nie.
Meetbaar
Jy kan jou vordering langs die pad meet.
Bereikbaar
Dit is moontlik om hierdie doel te bereik.