KWARTAAL 3 KONTROLE TYD: 1
TOTAAL: 100 UUR 30
TOETS
MIN
Eksaminator: M van Wyk
Moderator:
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies en beantwoord die vrae wat volg.
1. Beantwoord AL die vrae.
2. Begin ELKE vraag bo-aan ‘n NUWE bladsy.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in
hierdie vraestel gebruik is.
4. Bied jou antwoorde volgens die instruksies van elke vraag aan.
5. Maak ALLE tekeninge met ‘n potlood en die byskrifte met blou ink.
6. Teken diagramme en vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra word.
7. Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal
geteken nie.
8. MOENIE grafiekpapier gebruik nie.
9. Jy moet ‘n nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer
gebruik waar nodig.
10. Skryf netjies en leesbaar.
11. Hierdie vraestel bestaan uit 7 bladsye.
1
, AFDELING A
VRAAG 1
1.1. Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae
gegee. Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A tot D)
langs die vraagnommer (1.1.1 tot 1.1.5) neer, byvoorbeeld 1.1.6 E.
1.1.1 Die foramen magnum word in die … gevind.
A onderste ledemaat
B skedel
C werwelkolom
D boonste ledemaat
1.1.2. Alle dele van die aarde waar lewe bestaan …
A biomassa
B biosfeer
C biotiese faktore
D abiotiese faktore
1.1.3. Die wetenskaplike wat die benoeming van organismes voorgestel
het as ‘n twee-deel (dubbel) wetenskaplike naam, is:
A Linnaeus
B Whittaker
C Weise
D Aristotel
1.1.4 ‘n Kamer in die hart wat bloed deur die aorta pomp.
A Regteratrium
B Linkeratrium
C Regterventrikel
D Linkerventrikel
1.1.5 Die aanhangskelet bestaan uit …
A Skouergordel, boonste ledemate, bekkengordel en
onderste ledemate
B Skouergordel, bekkengordel, ribbekas en breinkas
C Boonste ledemate, onderste ledemate, ribbekas en
breinkas
D Bekkengordel, onderste ledemate, ribbekas en breinkas
(5 x 2 ) (10)
2