Junie Eksamen
Definisies:
Materie – Enige fisiese stof wat ‘n vaste stof, ‘n vloeistof of ‘n gas is.
Deeltjies – Baie klein dele waaruit materie saamgestel is.
Vibreer – Om vinnig en aanhoudend op een plek te beweeg.
Mengsel – 2 of meer verskillende stowwe wat gekombineer of saamgevoeg is.
Oplossing – Mengsel van ‘n vaste stof met ‘n vloeistof waar die vaste stof die spasie tussen
die deeltjies vul.
Oplos – Proses om ‘n vaste stof met ‘n vloeistof te meng totdat die vaste stof deel is van die
vloeistof; die vaste stof is nie meer sigbaar na die mengproses nie.
Oplosbaar – Wanneer ‘n vaste stof kan oplos.
Onoplosbaar – Wanneer ‘n vaste stof nie kan oplos nie; die vaste stof is steeds sigbaar nadat
die stowwe gemeng is.
Krisstallisasie – Die stadige proses waardeur kristalle uit ‘n oplossing gevorm word.
Versadig – Wanneer ‘n oplossing geen plek meer het vir deeltjies van die oplosbare stof nie.
Eutrofikasie – Te veel groeiende en verrottende alge as gevolg van besoedeling.
Ontwater – Verloor baie water uit jou liggaam.
Suiwer – Om vesoedeling van iets te verwyder.
Kenmerke van vaste stowwe, vloeistowwe en gasse:
Vaste stof:
Dit het ‘n vaste vorm.
Deeltjies van ‘n vaste stof is dig teen mekaar gepak – reëlmatige patroon.
Baie min spasie tussen die deeltjies.
Vibreer op een plek.
Vloeistof:
Materie kan vloei.
Neem die vorm van die houer aan waarin dit is.
Deeltjies is styf teen mekaar gepak, maar het nie ‘n vaste vorm nie.
Daar is klein spasies tussen die deeltjies – die deeltjies kan om mekaar beweeg.
Gas:
, Gas vul die beskikbare spasie waarin dit is.
Deeltjies is ver van mekaar af en beweeg vinnig.
Daar is baie spasie tussen die deeltjies en beweeg in alle rigtings.
Bv. Lug is ‘n gas in ‘n kamer, ballon of die hele atmosfeer.
Vaste stof Vloeistof Gas
Grootte van spasie Baie min spasie Klein spasie Baie spasie
Snelheid v beweging Stadig Vinniger Vinnigste
Deeltjies beweeg Op een plek Om mekaar In alle rigtings
4 Skeidingsmetodes van mengsels:
1. Sorteer met die hand – mengsel bestaan uit groot stowwe soos grondboontjies en rosyne.
2. Sif met ‘n sif – wanneer 2 materiale korrels van verskillende groottes het.
3. Afsak en oorgiet – water en olie.
4. Filtrering – sand (vaste stof) gemeng met water (vloeistof) – handdoek is filter.
Smelt en oplos is nie dieselfde ding nie!!!
Wat is oplosmiddel, oplosbare stof, oplossing? Voorbeelde:
Die stof wat lyk asof dit verdwyn het, word die opgeloste stof genoem – suiker en melk.
Die stof wat ons nog steeds kan sien, word die oplosmiddel genoem – koffie.
Die oplosmiddel en opgeloste stof word saam die oplossing genoem – koffie met suiker en melk.