LONGITUDINALE GOLWE:
LONGITUDINALE GOLF : n golf waar die versteuring/verplasing van die medium
ewewydig is aan die voorplantingsrigting van die golf
Verdigtings is dele waar die kronkels van die veer na aan mekaar is.
Verdunnings is die dele waar die kronkels van die veer uitmekaar is.
GOLFLENGTE,FREKWENSIE,AMPLITUDE EN PERIODE:
GOLFLENGTE:
- Die afstand tussen die middelpunte van 2 opeenvolgende verdigtings of 2
opeenvolgende verdunnings
- In meter (m) gemeet
AMPLITUDE:
• Amplitude (A) vir n transversale golf is die maksimum verplasing van die golf
vanaf die ewewigsposisie van die medium na n verdikking of verdunning.
• In meter (m) gemeet
FREKWENSIE:
◼ Aantal verdigtings wat in een sekonde by n gegewe punt verby gaan
◼ In Hertz (Hz) gemeet
PERIODE:
➢ Die tyd wat dit neem vir een volledige golf om by n punt verby te beweeg
➢ In sekonde (s) gemeet
1
➢ f=
𝑇
, SPOED VAN N LONGITUDINALE GOLF:
: die spoed waarteen die puls deur die medium in die voorplantingsrigting van die
golf beweeg
Word bereken as-
SPOED= FREKWENSIE x GOLFLENGTE
OF v=fλ
KLANK GOLWE:
KLANK AS N LONGITUDINALE GOLF:
• klank ontstaan d.m.v. vibrasies
scenario – n brandende kers voor n luidspreker:
1. as die luidspreker klank produseer beweeg die vlam van die kers heen en
weer
2. die lugmolekules aan die voorkant van die luidspreker word in n horisontale
rigting gevibreer (ossilleer)
3. as klank deur die luidspreker geproduseer word beweeg die diafragma na
buite en word lug in die nabyheid saamgedruk om n VERDIGTING te vorm
4. die lug stoot ander lug daar naby vorentoe en die verdigting word oorgedra.
5. Wanneer die diafragma na binne beweeg word lug uitgedruk en vorm n
verdunning
6. As diafragma herhaaldelik vibreer ,vorm n reeks van verdigtings en
verdunnings wat in die lug beweeg
7. As daardie verdigtings en verdunnings na die vlam beweeg,beweeg die
vlam heen en weer.
8. Soos die deeltjies aanhou om teen mekaar te druk,beweeg die klankgolf
deur die lug.
Daarom is klankgolwe,drukgolwe.
➔ Beteken dat klankgolwe vinniger sal beweeg in n medium waar die deeltjies
naby aan mekaar is.