INSTRUCTIONS
1. Lees die teks oor sjokolade hieronder deur.
2. Som dan die teks puntsgewys in jou eie woorde op.
3. Gee die vyf (5) redes...
4. Skryf 5 sinne.
5. Gebruik 60–80 woorde.
6. Nommer jou sinne 1–5.
7. Laat 'n reël oop na elke sin.
8. Skryf 'n woordtelling aan die einde van jou opsomming neer.
9. Trek 'n streep deur jou beplanning.
10 marks
RUBRIC
AFDELING B – OPSOMMING (10)
'n Opsomming wat sal vereis dat teks met begrip van inhoud verkort word. 'n
Teks van ongeveer 250 woorde moet gebruik word en in vyf punte opgesom
word. Die opsomming moet 70 woorde lank wees.
Assessering:
Sinne moet van 1 tot 5 genommer word, geen kolpunte mag gebruik
word nie.
Laat 'n reël oop tussen sinne.
'n Sin moet 'n werkwoord bevat.
Elke punt/sin bevat twee feite. Elke punt/sin tel twee punte. As die
opgesomde sin dus gedeeltelik korrek is, word 1 punt toegeken.
Een feit mag nie oor twee punte strek nie.
Voegwoorde en/infinitief moet gebruik word om twee feite te verbind.
Indien al vyf sinne korrek is, behaal die leerder 10 uit 10.
Indien 'n leerder twee sinne per punt skryf, word slegs die eerste sin
gemerk.
Sinne mag nie woord vir woord uit die teks aangehaal word nie.
Taalfoute word nie meer gepenaliseer nie. Elke sin moet egter die
betrokke feit of hoofgedagte korrek kommunikeer.
Spelfoute word nie gepenaliseer nie tensy dit die betekenis beïnvloed.
Minus ½ vir elke direkte aanhaling, dus minus 2½ in totaal.
Minus 1 as 'n leerder nie die woordtelling aandui nie.
Minus 1 as 'n leerder die woordtelling heeltemal verkeerd aandui.
Wanneer 'n instruksie gegee word hoe om elke sin te begin (bv. Jy moet ...)
en leerders doen dit nie, word hulle as volg gepenaliseer: minus ½ vir 1-2
sinne verkeerd begin en minus 1 vir 3-5 sinne verkeerd begin.
Tel 'n en die as deel van die woordtelling.
Beplanning MOET doodgetrek word.