Julie 2021
AFK1502
INLEIDING TOT TEKSONTWERP IN AFRIKAANS
Tydsduur: 6 uur 100 Punte
EKSAMINATORE
EERSTE: DR E LOMBARD
TWEEDE: MNR FWJ BROODRYK
Datum: 13 Julie 2021
Tyd: 11:00 – 17:00
Hierdie eksamenportefeulje bestaan uit 6 bladsye (Bylaag A uitgesluit).
INSTRUKSIES
(i) Sluit asseblief jou studentenommer op jou antwoordskrif in.
(ii) Jy mag jou voorgeskrewe boeke en studiemateriaal raadpleeg. Jy mag egter nie woordeliks
uit jou studiemateriaal kopieër nie. Jy moet jou antwoorde in jou eie woorde weergee. In die
geval van bedrog of plagiaat, word geen punt toegeken nie.
(iii) Die eksamen kan op Dinsdag, 13 Julie, om 10:45 afgelaai word en moet teen 17:00 opgelaai
wees. Moet asseblief nie wag tot die laaste oomblik om jou eksamenportefeulje op te laai nie,
want myUnisa kan moontlik oorlaai word en dit kan tot tegniese probleme lei.
(iv) Die stelsel sluit op 13 Julie om 17:00 en alle laat indienings sal verwerp word. GEEN LAAT
EKSAMENPORTEFEULJES SAL AANVAAR WORD NIE. Jy mag ook nie jou antwoorde
per e-pos indien nie.
(v) Die eksamenportefeulje moet as ’n PDF-dokument opgelaai word en nie as ’n geskandeerde
dokument nie. Moet asseblief nie jou PDF-dokument met ’n wagwoord beskerm nie.
Dokumente met ’n virus kan ook nie gemerk word nie. Dit is jou verantwoordelikheid om seker
te maak die dokument wat jy indien, is virus-vry en nie gekorrupteer nie. Maak asseblief seker
dat jy die regte dokument indien - jou antwoorde en nie die vraestel nie.
(vi) Onthou asb. om ’n bronnelys na die laaste vraag in te voeg as deel van jou portefeulje.
(vii) Sien Bylaag A aan die einde van die eksamenportefeulje oor hoe jy jou eksamenportefeulje
op myExams moet oplaai.
VERTROULIK
, VRAAG 1
Lees die onderstaande teks aandagtig deur en beantwoord dan die vrae wat daaroor gestel word.
1 Om te slaap is noodsaaklik vir ons almal. Wat gebeur as ons nie genoeg slaap nie? Na
sewentien ure sonder slaap, is jou vaardighede gelyk aan dié van iemand met ʼn
bloedalkoholvlak van 0,05% - dieselfde as die gevolge van twee glase wyn. Te min slaap
word al die “siekte van ons tyd” genoem. Dit het ʼn ernstige negatiewe effek op die brein.
Geïrriteerdheid, vergeetagtigheid, swak konsentrasie en swak taalbeheer is maar enkele
voorbeelde van die negatiewe gevolge van te min slaap.
2 As jy genoeg slaap, kan jy meer kreatief en produktief wees en ook makliker gewig afskud.
Slaap is ook die liggaam se manier om te herstel en om weer energie op te bou. Dit is
noodsaaklik vir leer. Dink aan slaap as jou brein se sekretaresse. Gedurende die dag neem
jou brein meestal inligting in, maar gedurende slaap analiseer jou brein die inligting en
stoor dit in jou langtermyngeheue. Die liggaam gebruik feitlik net soveel energie om te
slaap as wanneer ʼn mens wakker is. Jou staat van slaap of wakkerheid word deur die brein
se oordragstowwe beheer. Dié stowwe skakel die neurone wat ons laat wakker bly af en
maak ons vaak. Ons glukose-reserwes word ook gedurende slaap opgebou sodat ons
genoeg energie het vir die volgende dag. Dit is ʼn interessante feit dat groeihormone net in
kinders afgeskei word as hulle slaap.
3 Daar is baie wat deur jou gedoen kan word sodat jy beter slaappatrone kan hê. Jy kan
byvoorbeeld ʼn rustige uur beplan voor slaaptyd. Die televisie, jou rekenaar en jou selfoon
moet afgeskakel word in hierdie tyd. Jy kan ook ʼn boek langs jou bed hou waarin jy opskryf
wat jou pla. Dit sal help dat jy nie in die middel van die nag wakker word met gedagtes wat
jou bekommer nie. Dit kan jou ook help om deur ʼn stresvolle tyd te werk. Jy kan verder
seker maak dat jy nie ʼn swaar maaltyd 1 of 2 ure voor slaaptyd eet nie. ʼn Warm bad en
rustige musiek kan help. Probeer om elke aand dieselfde roetine te volg. Jou brein leer om
die roetine met slaap te vereenselwig. Oefening kan ook help, maar dit moet vroegaand
gedoen word.
4 Volgens die American Academy of Sleep Medicine het kinders en volwassenes die volgende
hoeveelheid slaaptyd nodig: babas tot en met 12 maande kan 12 - 16 ure slaap; een- en
tweejariges het 11 - 14 ure se slaap nodig; drie- tot vyfjariges het 10 - 13 ure se slaap nodig;
ses- tot twaalfjariges het 9 - 12 ure nodig; tieners het 9 - 10 ure nodig; volwassenes het
bietjie minder slaaptyd, naamlik 7- 9 ure nodig en bejaardes het die minste slaap nodig -
tussen 6 en 8 uur. Begin vandag nog om genoeg te slaap. Jy kan beter voel omdat jy genoeg
slaap.
1.1 Verskaf ’n elementêre bouplan vir bostaande teks. (8)
1.2 Gee twee gepaste tussenopskrifte (appropriate subheadings) vir die teks. Dui aan waar jy
die opskrifte sou plaas deur die paragraafnommer neer te skryf van die paragraaf waarbo
jy elke opskrif sou invoeg. (4)
1.3 Skryf ’n kort samevatting van die teks (lengte ongeveer 150 woorde). Die oorspronklike teks
het 468 woorde. (15)