ECON 112: Hoofstuk 7: Die teorie
van vraag: Die nutsbenadering:
7.1. Nut:
Die doel van verbruik is om behoeftes te bevredig.
In die ontleding van verbruikersgedrag word aangeneem dat huishouding of
verbruikers poog om met die beskikbare middele en alternatiewe tot hulle
beskikking hul behoeftebevrediging te maksimeer.
Nut is bloot ‘n term vir verbruikers bevrediging.
Dit word gebruik om die graad van behoeftebevrediging wat ‘n huishouding
of verbruiker uit die verbruik van ‘n goed of diens verkry of verwag om te
verkry, uit te druk.
1.) Kardinale en ordinale nut
o Kardinale nut berus op die idee dat nut op die een of ander wyse
gemeet kan word, terwyl ordinale nut beteken dat die bevrediging
wat ‘n verbruiker verkry deur verskillende produkte of kombinasies
van produkte te verbruiker, in ‘n rangorde of voorkeurorde geplaas
kan word.
o Die nut benadering berus op die idee van kardinale nut.
o Die onsydigheid benadering, berus op die idee van ordinale nut.
7.2. Grensnut en totale nut:
Die nut benadering tot die ontleding van die verbruikersgedrag berus op die
aanname dat ‘n individuele verbruiker subjektiewe nut vergelykings kan
maak van elke opeenvolgende eenheid van ‘n verbruiksgoed wat verbruik
word.
Om hierdie eenhede van ander metings eenhede te onderskei, word dit utilis
genoem.
Die ekstra of addisionele nut wat ‘n verbruiker deur die verbruik van een
addisionele eenheid van ‘n produk verkry, word grensnut genoem.
Totale nut is die som van al die grensnutte.
Indien identiese eenhede van ‘n goed die een na die ander verbruik word, die
grensnut tot nul sal afneem.
Na nul word dit negatief.
Negatiewe nut word disutliteit genoem.
Solank as wat die grensnut positief is, neem die totale nut toe.
Dit bereik ‘n maksimum wanneer die grensnut gelyk is aan nul (d.w.s.
wanneer die verbruiker versadig is), en neem dan af as die grensnut negatief
word (d.w.s. wanneer disutiliteit intree).
Hierdie neiging word die wet van dalende grensnut genoem.
ECON 112 – Hoofstuk 7 – Die teorie van vraag: Die nutsbenadering