ENERGIE EN VERANDERING
Lading :
Elektrisiteit bestaan nie uit elektrone én protone saam nie – dit gaan
hoofsaaklik oor die beweging van elektrone.
Elektrone is die klein negatiewe deeltjies wat buite om die kern van ’n atoom
beweeg. In ’n metaaldraad kan hierdie elektrone loskom en vloei – dit is wat
ons elektriese stroom noem.
Protone sit in die kern van die atoom vas. Hulle beweeg nie in elektriese
stroombane nie. Hulle sorg egter dat die atoom positief gebalanseer is.
Elektrisiteit = beweging van elektrone.
Protone bly vas in die kern en beweeg nie rond in die draad nie.
As jy ’n ballon teen jou hare vryf, gebeur dit:
Elektrone beweeg van jou hare na die ballon.
Jou hare het nou minder elektrone → dit het ’n positiewe lading.
Die ballon het meer elektrone → dit het ’n negatiewe lading.
Gevolg: jou hare en die ballon trek mekaar aan of jou hare staan regop, want
teenoorgestelde ladings (+ en –) trek mekaar aan.
Positiewe lading : tekort aan elektrone (MINDER)
Negatiewe lading : ‘n oormaat elektrone (MEER)
Neutrale voorwerkp : Ewe veel positiewe en negatiewe lading
Kragte tussen lading :
+ + gelyksoortige lading stoot mekaar af
+ - ongelyksoortige lading trek mekaar aan