BESIGHEIDSTUDIES
GRAAD 12
NOVEMBEREKSAMEN
202 5
VRAESTEL 1
Vorige eksamenvraestelle is gebruik om hierdie aantekeninge saam te stel. @IMPAQ NOV 2021,
DBE/November 2022 & DBE/November 2021, @IMPAQ SEP 2021, NSS SEP 2022, GDE SEP 2021,
EC/SEPTEMBER 2023. NSS DBE/NOV 2023. NSS NOVEMBER: BESIGHEIDSTUDIES V1 | 2024
Hierdie dokument is saamgestel om Graad 12-leerders te help om doelgerig en sistematies vir die
Nasionale Senior Sertifikaat (NSC) Besigheidstudies November-eksamen 2025 voor te berei.
Die inhoud is gebaseer op amptelike DBE- en SACAI-vraestelle van vorige jare, insluitend 2021–2024, en
is saamgestel om te voldoen aan die jongste eksamenvraestelstruktuur en memorandumriglyne. Waar
dieselfde vrae oor verskillende jare voorkom, is die antwoorde saamgevoeg om vir jou die mees
volledige en betroubare weergawe te gee.
Gebruik hierdie notas as ’n studiegids – nie as ’n plaasvervanger vir jou eie werk nie. Die doel is om jou
te wys hoe vrae oor tyd herhaal word, hoe sleutelbegrippe hanteer word, en hoe jy konsekwent punte
kan behaal deur jou antwoorde logies, volledig en bondig te formuleer.
Belangrik:
Hierdie notas vorm deel van jou volledige voorbereidingspakket vir Besigheidstudies. Jy moet dit saam
met die notas van Termyn 1 & 2 én die Rekord-eksamen se notas leer.
Indien jy nie daardie dokumente het nie, kontak asseblief Juffrou Ansie by
om dit aan te vra.
Hierdie opsomming dek die twee hoofonderwerpe van Vraestel 1, naamlik: Besigheidsomgewings en
Besigheidsbedrywighede, met gefokusde dekking van besigheidstrategieë, kwaliteitbestuur, wetgewing
en die menslikehulpbronfunksie.
Sterkte met jou voorbereiding vir die finale eksamen.
.
Sterkte.Juffrou Ansie
, 2
Inhoud
Besigheidsomgewing 5
Invloede op besigheidsomgewings 5
BESIGHEIDSTRATEGIEË 5
Aanpassings en uitdagings van die besigheidsomgewings 6
Besigheidsektore 17
Besigheidsbedrywighede 18
GEHALTEBESTUUR 18
Menslike hulpbronfunksie 22
Afdeling D: Langvrae 29
BESIGHEIDSTRATEGIEË 30
GEHALTEBEHEER 32
WETGEWING 36
MENSLIKEHULPBRONFUNKSIE 37
Afdeling A: Kort vrae
Algemene Jaarvergadering ‘n Vergadering van ‘n maatskappy wat deur al die aandeelhouers
(AJV) bygewoon word wat een keer per jaar plaasvind.
Curriculum Vitae (CV) Curriculum Vitae (CV), vaardighede, vorige beroepe en spesiale
persoonlikheidseienskappe van ‘n individu wat gebruik word wanneer
vir werk aansoek gedoen word
Nasionale Kredietwet Hierdie Wet voorkom dat krediet roekeloos aan verbruikers
(NKW) toegestaan word.
NVK - Nasionale NVK die primêre reguleerder van verbruiker-en-besigheid interaksies
Verbruikerskommissie in Suid-Afrika en is gestig om die ekonomiese welsyn van verbruikers
te bevorder en te verseker
WVB - Die Wet op Die WVB verplig beide besighede en verbruikers om verantwoordelik
Verbruikersbeskerming op te tree wanneer hulle besigheidsaktiwiteite uitvoer.
Wet op Arbeidsverhoudinge Die WAV is ‘n bemagtigende raamwerk wat die verhouding tussen
(WAV) werknemers en werkgewers reguleer, en goeie verhoudinge tussen
vakbonde en werkgewersorganisasies bevorder
, 3
Wet op Die Wet op Vaardigheidsontwikkeling (Nr. 97 van 1998), WVO is
Vaardigheidsontwikkeling ingestel om die vaardighede van mense in Suid-Afrika te ontwikkel.
(WVO/ WVBS) COIDA
Wet op Gelyke Die WGI skep ‘n bemagtigende raamwerk van aanvaarbare
Indiensneming (WGI) indiensnemingspraktyke en is hoofsaaklik gepromulgeer/ingestel om
regstellende aksie te bevorder.
Die Wet op Basiese Die WBDV sit die minimum voorwaardes uiteen wat billike
Diensvoorwaardes (WBDV) arbeidspraktyke en menslike hulpbronpraktyke in die werkplek
verseker.
SOOO’s - Sektorale SOOO’s (SETAs) ‘n opleidingsorganisasie vir beroepsvaardigheid in
Onderwys-en Suid-Afrika wat leerlingskappe, internskappe en vakleerlingskappe
Opleidingsowerhed (SETAs) binne hul jurisdiksie identifiseer/beskryf/bestuur en skep
Porter se Vyf Kragte-model Porter se Vyf Kragte-model gebaseer op die rasionaal dat vyf kragte
die mededingende krag/posisie van die besigheid binne die
mark/bedryf bepaal/beïnvloed.
Sosiale Maak voorsiening vir die maatstaf van KMV/KMI-voldoening van
Verantwoordelikheidsindeks maatskappye wat bestuurders help om hul KMV/KMI-prestasie te
(SVI) verbeter. Dit is ‘n indeks wat deur die JSE gebruik word om beleggers
in te lig oor die korporatiewe volhoubaarheidsbeleid en -praktyke van
besighede.
Korporatiewe Maatskaplike Korporatiewe Maatskaplike Investering (KMI) die belegging van
Investering (KMI) korporatiewe fondse/ander bates vir die kern doel om sosiale
uitkomste te bereik.
Korporatiewe Maatskaplike Korporatiewe Maatskaplike Verantwoordelikheid (KMV) hoe die
Verantwoordelikheid (KMV) besigheid hul prosesse bestuur, insluitend tyd en moeite, om al die
belanghebbendes van die besigheid positief te beïnvloed
Totale Gehaltebestuur Totale Gehaltebestuur (TGB) ‘n geïntegreerde stelsel/metodologie/
(TGB) proses wat regdeur die organisasie toegepas word, wat help om
gehalte produkte en dienste aan kliënte te ontwerp/produseer/
verskaf.
, 4
WFIS (Wet op Finansiële WFIS/FICA Suid-Afrika se primêre wetgewing teen geldwassery en
Intelligensiesentrum )/FICA teenterrorisme-finansiering.
SSGB-ontleding (SWOT) 'n Nywerheidsanalise-instrument/omgewingskanderingstegniek wat 'n
besigheid in staat stel om die interne (mikro-) en eksterne (mark- en
makro-) omgewings van 'n besigheid te bestudeer.
Kommissie vir Versoening, Hierdie regulerende liggaam besluit oor aangeleenthede wat verband
Bemiddeling en Arbitrasie hou met arbeidsgeskille wat nie deur die KVBA opgelos kan word nie.
(KVBA)
Strategie ‘n Aksieplan om ‘n spesifieke toekomstige doelwit te bereik
Terugwaartse vertikale Charlie se Kaasfabriek het ‘n suiwelplaas oorgeneem. Hierdie is ‘n
voorbeeld van terugwaartse vertikale integrasie.
Besigheidsektore die verskillende kategorieë sakeondernemings wat gebaseer is op die
tipe besigheid/produksie-aktiwiteit wat uitgevoer word.
Tersiêre sektor verskaf finale produkte en dienste aan kliënte.
Sekondêre sektor fokus op die vervaardiging/verwerking/omskakeling/ transformasie
van natuurlike hulpbronne/grondstowwe in semi-finale/finale
produkte.
Primêre sektor onttrek/ontgin/versamel/oes natuurlike hulpbronne/ grondstowwe uit
die aarde.
Dienste ‘n Aksie/uitvoering van ontasbare aktiwiteite wat deur een party aan
‘n ander aangebied word
Mate van beheer die mate van beheer wat die besigheid oor die spesifieke
besigheidsomgewing het
Makro-omgewing eksterne onbeheerbare faktore/kragte buite die besigheid.
Markomgewing komponente/elemente/faktore onmiddellik buite die besigheid.
Mikro-omgewing die besigheid self, gekenmerk deur al die prosesse/ funksies/faktore
binne die besigheid.