AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL (EAT)
GEDIGTE
ANTJIE KROG - WETENSKAPMANNETJIES
, WETENSKAPMANNETJIES
1 Julle sit onder swart teleskope
2en kyk na die son
3 tot julle besef dat julle nooit daar sal kom.
4 Pateties bepaal julle dan ligjare
5en vertel dat die son as’t ware
6inkrimp en eendag gaan verdwyn.
7 Ons sit maar hoog op die windpomp
8en kyk hoe die son sy kop stamp
9teen die rant
10hoe hy bloei
11hoe die vaal lug gloei
12hoe die bome tot silhoeëtte verskroei.
13 Daarom liewe menere teken ek klawertjies
14 tussen my huiswerk, kry ek 26%
15 want ek luister eerder na
16 die verdwaalde korhaan
17 tussen die bossies by die tennisbaan
18 en kwadreer liewer my vreugdes
19 en vind dan die logaritme van my hartseer
20 want syfers bring ‘n eensaamheid
21 wat geen mens kan keer.