NATUURWETENSKAPPE & TEGNOLOGIE
KWARTAAL 2
KWARTAAL 2
VOLLEDIGE OPSOMMINGS VOLGENS PLATINUM HANDBOEK
UITGEWERKTE HANDBOEK AKTIWITEITE
HERSIENING
, ONDERWERP 6
MATERIALE RONDOM ONS
VASTE STOWWE, VLOESTOWWE EN GASSE
EIENSKAPPE VAN VASTE STOWWE, VLEOISTOWWE EN GASSE
VASTE STOWWE
➢ Het ‘n vaste vorm.
➢ Vorm ‘n vaste stof. Verander nie maklik nie
➢ ‘n Appel en ‘n baksteen is vaste stowwe.
➢ Kan die vorm verander deur die appel te byt of die baksteen met ‘n hamer te slaan.
VLOEISTOWWE
➢ Het geen vaste vorm nie.
➢ Neem vorm aan van die houer waarin dit is.
➢ Melk, water, sap ens. is vloeistowwe
➢ As jy sap op die vloer mors, sal dit versprei. Dit neem die vorm van die vloer aan.
➢ Vloeistowwe vloei.
GASSE
➢ Het geen vorm nie.
➢ Neem ruimte in beslag.
➢ Beweeg vrylik rond en versprei in oop ruimtes.
➢ Gasse bly nie in ‘n oop ruimte of houer nie.
➢ Kan in ‘n geslote ruimte vasgevang word
➢ ‘n Mens kan sommige gasse nie sien, voel of ruik nie.
➢ Lug bestaan uit verskillende gasse.