FISIESE WETENSKAPPE
(FISIKA & CHEMIE)
OPSOMMINGS
WERKBOEK
VRAESTELLE & MEMORANDUMS
,OPSOMMINGS & HERSIENING
,• Die normaalkrag N, is die krag of komponent van 'n krag wat 'n oppervlak op 'n
voorwerp waarmee dit in kontak is uitoefen en is loodreg op die oppervlak.
• Die wrywingskrag, f, is die krag wat die beweging van 'n voorwerp teenwerk en
werk parallel met die oppervlak.
• Dis statiese wrywingskrag, fs, is die krag wat die neiging van beweging van 'n
stilstaande voorwerp relatief tot 'n oppervlak teenwerk.
• Kinetiese wrywingskrag, fk, is die krag wat die beweging van 'n bewegende
voorwerp relatief tot 'n oppervlak teenwerk.
• Newton se eerste bewegingswet: 'n Liggaam sal in sy toestand van rus of beweging
teen konstante snelheid volhard, tensy 'n resulterende/netto krag daarop inwerk.
• Newton se tweede bewegingswet: Wanneer 'n resulterende/netto krag op 'n
voorwerp inwerk, versnel die voorwerp in die rigting van die krag teen 'n versnelling
direk eweredig aan die krag en omgekeerd eweredig aan die massa van die
voorwerp.
• Newton se derde bewegingswet: Wanneer een liggaam 'n krag op 'n tweede liggaam
uitoefen, oefen die tweede liggaam 'n krag gelyk in grootte en teenoorgesteld in
rigting op die eerste liggaam uit.
, 3
Lees en leer die bogenoemde uitsprake en wette wat hierdie gedeelte oor Newton se
wette onderlê. Doen slegs die eerste vraag en kontroleer u antwoorde en metode aan
die hand van die nasienriglyne aan die einde van die dokument.
VRAAG 1
Blok A, wat op 'n horisontale ruwe oppervlak in rus is, word as 'n anker gebruik om
blok B, met 'n massa van 56 kg, op 'n sekere hoogte bo die grond in die lug te hou.
Die twee blokke is verbind met tou R, wat 'n hoek van 35° met die vertikaal maak. Blok
B hang vanaf die plafon aan kabel C. Verwys na die diagram hieronder.
θ
C
A
35 °
R
56 kg B
Blok A ondervind 'n wrywingskrag van grootte 200 N. Die stelsel is in rus.
1.1.1 Definieer die term resulterende vektor. (2)
1.1.2 Wat is die grootte van die resulterende krag wat op blok B inwerk? (1)
1.1.3 Teken 'n benoemde vrye kragtediagram wat al die kragte aandui wat op
blok B inwerk. (3)
1.1.4 Bepaal die horisontale komponent van die krag in tou R. (1)
1.1.5 Bereken die vertikale komponent van die krag in kabel C. (4)
1.1.6 Bereken die hoek θ tussen die kabel en die plafon. (2)
[13]