1. ek sal nooit die dag vergeet toe ek jou 23. daarna het ek jou ouers ontmoet
2. ontmoet het nie (net soos in die 24. hulle het my uit die huis uitgejaag
3. populêre liedjies) 25. (vermoedelik vanweë my lang hare en baard –
4. :dit was op die skaatsbaan 26. uit die mode sedert jan van riebeeck en oom paul se tyd –
5. of op die sessiondansvloer 27. my tydsberekening is altyd verkeerd)
6. of dalk by die biduur
7. (hoewel die soort 28. maar uiteindelik
8. wat jy by bidure ontmoet 29. het ons tóg getrou; jy was
9. gewoonlik nie lank 30. so bly: niemand het opgedaag by die kerk nie
10. hou nie) 31. behalwe die dominee
32. en ʼn paar assuransieagente
11. ek het jou uitgeneem 33. (onder andere my pa, saam met sy
12. op my motorfiets (boksburgmeer 34. vrou: gawe mense, darem,
13. of milky lane in hillbrow of 35. as jy hulle leer ken; ongelukkig
14. daai hippiekolonie in berea – ek 36. ken ek hulle
15. had altyd ʼn voorliefde vir 37. nie so goed nie)
16. hippiekolonies) en jy het
17. verlief geraak op my 38. daarna het ons, soos altyd, saam
18. toe jy my profiel in die 39. geleef (leef?) soos al die ander
19. – nee wag – toe ek 40. mense (mense?) en
20. in jou oor fluister 41. nie meer toptwintig
21. “ek smaak jou” (jou hare 42. geluister nie;
22. het effens na kougom geruik – oh baby) 43. ek het altyd gedog
44. ek was verlief op jou (hahaha!)
45. maar toe eers, toe vang ek
46. die hele triek:
47. alles gaan om skreeuende bybies
48. en kombuiskaste wat piep
49. en die huwelik is ʼn duur prys om te betaal
50. vir ʼn lewe vol platoniese dogmatiek
[Uit: Suburbia deur André Letoit, uitgegee deur Perskor]
@Juffrou_Ansie
, 2
Opstelvraag
Verwys na die volgende stylfigure deur na die gedig “elegie vir my toekomstige vrou”
Ironie, enjambement, satire, kontras, parentese, wending, progressie en regressie.
Inleiding
Liggaam:
Ironie
Strofe 1: die spreker sê in versreël 1 en 2 dat hy nooit die dag van hulle
ontmoeting sal vergeet nie, maar in die volgende versreëls is dit duidelik dat hy
wel vergeet het, want hy kan nie die plek onthou waar hulle ontmoet het nie.
Strofe 4: die spreker dui in versreël 34 aan dat sy pa en sy vrou gawe mense is,
maar hy ken hulle nie goed genoeg om te weet of hulle werklik gawe mense is
nie. Strofe 4: die spreker sê dat niemand by die kerk opgedaag het nie, maar
dan noem hy dat daar wel mense was, onder andere sy pa en sy vrou.
Enjambement, word deurgaans in die gedig gebruik. Dit bewerkstellig
vloeiendheid en sluit aan by die verteltrant (vrye vers).
Satire
Die is ʼn satiriese gedig, want daar word gespot met die menslike swakhede
(ongebondenheid, nie verantwoordelikheid te aanvaar nie, dat verhoudings nie
blywend/gelukkig is nie). Veral die man se liefde vir ’n ongebonde lewe soos
die van die hippies word hierdeur beklemtoon. Die spreker se ontnugtering in
die laaste strofe staan sentraal. Hy besef dat hy nie hou van die
verantwoordelikheid nie en dat die alledaagse dinge in die huishouding hom
irriteer. Die sosio-maatskaplike probleem – egskeiding – word hierdeur
geïmpliseer.
Kontras
Die “skaatsbaan” en “sessiondansvloer” (versreëls 4 en 5) wat plekke van genot
is, staan in kontras met die “biduur” (versreëls 6 en 8) Die atmosfeer in versreëls 4
en 5 is ontspanne en lawaaierig teenoor die stemmige, gewyde atmosfeer by ’n
biduur. Die liefdevolle houding van die vrou se ouers, wat uit liefde hul dogter wil
beskerm teen ’n ongewenste huweliksmaat, is in teenstelling met die spreker se
@Juffrou_Ansie
, 3
gebrekkige verhouding met sy ouers (pa en sy vrou) wat nie deel van sy lewe is
nie.
Parentese
Die deel tussen hakies of tussen aandagstrepe of tussen kommas.
Die parentese dui meestal die persoonlike opinie/gedagtes van die spreker aan
↘ Versreëls 2 en 3: ’n nagedagte om die ontmoeting te beskryf.
↘ Versreëls 7 tot 10: ’n siniese verduideliking van die tipe meisie wat jy by ’n
biduur ontmoet.
↘ Versreëls 12 tot 16: ’n verduideliking van die plekke waarheen die spreker
die meisie uitgeneem het.
↘ Versreël 19: die parentese word gebruik om die wyse waarop die spreker
homself korrigeer uit te hef.
↘ Versreëls 21 en 22: die parentese hef die sintuiglike waarneming van die
ek-spreker uit.
↘ Versreëls 25 tot 27: ’n verduideliking word verskaf van die rede waarom
die vrou se ouers hom weggejaag het.
↘ Versreëls 33 tot 37: ’n verduideliking word gegee van wie die troue
bygewoon het.
↘ Versreëls 39 en 40: die kontras tussen geleef en leef word beklemtoon. Die
spreker bevraagteken (deur die parentese) of dít is hóé ’n mens moet
leef.
↘ Versreël 44: daar word spottend/satiries verwys na verliefdheid. Dit kraak
die liefde af.
Wending
“maar” in versreël 28 dui op ʼn wending/verandering. Die paartjie het wel getrou
ten spyte van die skoonouers se teenkanting. “maar” in versreël 45 dui die
ontnugtering van die spreker aan. Die huwelik is nie romanties en opwindend
nie, maar ’n straf.
Progressie
Vooruitgang wat die verskillende fases in ’n paartjie se lewens insluit.
↘ ontmoeting van sy vrou (strofe 1)
↘ afsprake van paartjie (strofe 2)
↘ ontmoeting met vrou se ouers (strofe 3)
@Juffrou_Ansie