Written by students who passed Immediately available after payment Read online or as PDF Wrong document? Swap it for free 4,6 TrustPilot
logo-home
Document preview thumbnail
Preview 3 out of 21 pages
Exam (elaborations)

Grade 12 Afrikaans (EAT) Junie Vraestel 1 en Memo - 2024

Document preview thumbnail
Preview 3 out of 21 pages

Grade 12 Afrikaans (EAT) Junie Vrarstel 1: Totaal:  80 Inhoud: Afdeling A:  Leesbegrip [30 punte] Afdeling B:  Opsomming [10 punte] Afdeling C:  Taal [40 punte] Hierdie is 'n oefenvraestel met memorandum bedoel om die leerling se kennis te toets, en sal nie dieselfde vraestel wees wat vir die eksamen geskryf word nie. SUS HAU

Content preview

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL
GRAAD 12
TAAL IN KONTEKS


TYD: 2 UUR
TOTAAL: 80 PUNTE


INSTRUKSIES EN INLIGTING

1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings.

AFDELING A: Leesbegrip (30)
AFDELING B: Opsomming (10)
AFDELING C: Taal (40)

2. Beantwoord AL die vrae.

3. Begin elke afdeling op ‘n NUWE bladsy.

4. Trek ‘n streep na elke afdeling.

5. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.

6. Laat ‘n reël oop na ELKE antwoord.

7. Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie.

8. Beplan jou tyd só:

AFDELING A: 50 minute
AFDELING B: 20 minute
AFDELING C: 50 minute

9. Skryf netjies en leesbaar.



HIERDIE VRAESTEL BESTAAN UIT 13 BLADSYE



1|Page www.summariessa.co.za Afrikaans EAT
Graad 12 Junie Vraestel 1

,AFDELING A: LEESBEGRIP

VRAAG 1: ARTIKEL

Lees die artikel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

TEKS A

KNYSNA: NÁ DIE DONKER, DIE LIG

1 Die inferno wat in 2017 wyd verwoesting in en rondom Knysna gesaai
het, word as een van die grootste veldbrandrampe in Suid-Afrika se
geskiedenis beskryf.
2 Eens op 'n tyd was dit die juweel van die Tuinroete, ook al dorp van
die jaar. Die eens skilderagtige dorp wat om die Knysnameer nestel, 5
was net vol murasies, 'n landskap van verkoolde lewens en drome.
Die verwoestende brand het groot dele van Knysna uitgewis.
3
Die woudeprag van Knysna, een van Suid-Afrika se kroonjuwele, was
aan die brand. Dít wat die pragtige dorpie se groot kenmerk is, die 10
woud, was juis dít wat hom die meeste pyn veroorsaak het.
4
Tussen 8 000 en 10 000 mense moes uit hul huise ontruim word, baie
van hulle bejaard, party in rolstoele. Op die kusdorp Brenton-on-Sea
en in Belvidere aan die oewer van die Knysna-meer was inwoners
soos op 'n eiland. Hulle is per boot deur vrywilligers van die Nasionale 15
Seereddingsinstituut ontruim, wat saam met die brandweer vlamme
van huise af probeer wegkeer het.
5
Ryk en arm is gelykgemaak deur die vuur. In die township met sy
rykmansuitsig oor die dorp, strandmeer, die koppe en die see was die
toestande haglik. Rye verwronge sinkplate was al wat van 20
eenvoudige hutte oorgebly het waarin mense nesgeskop het.
6
"Umlilo uyiza gabhelani," - pasop, hier kom die vuur - het die uitroep
deur die strate weerklink toe die inwoners die vlamme sien nader
7 kom. "Amanzi" - water – was hul grootste behoefte.
25
Weens kragbokse wat aan die brand geslaan het, was groot dele van
die dorp en omliggende gebiede vir dae sonder krag. Maar dis water
waarna almal gesmag het, want pype het gesmelt en elke druppel
8 was nodig om die verterende vuur te beveg.

Vreemd genoeg was daar strate waarin al die huise afgebrand het, 30
terwyl in ander net een of twee vlam gevat en die huise langsaan
ongeskonde gebly het. Dis asof die vuurmonster sy slagoffers
uitgekies het.
9
Gerugte oor brandstigting het van die eerste dag nie gaan lê nie, nes
die winde wat die vlamme aangeblaas het. Of dalk was weerligstrale


2|Page www.summariessa.co.za Afrikaans EAT
Graad 12 Junie Vraestel 1

, die vonk in die kruitvat in hierdie dig beboste gebied wat deur 'n 35
versengende droogte geteister was.
10
Maar onvermoeide pogings om die dorp te herbou, het die ergste van
die skade oorwin en sodoende bly Knysna 'n waardige bestemming
vir besoekers aan die Wes-Kaap. Lank nadat die vure geblus is,
nadat die rook weggewaai en die reën die roetbesmeerde landskap 40
gereinig het, het die dapper inwoners hulle lewens herbou.
11
Die Knysna Oesterfees word jaarliks aangebied en dit is ‘n praktiese
manier om die dorp weer op sy voete te help. Dit vind in Junie/Julie
plaas en word deur die plaaslike inwoners gereël. Mense kom van 45
heinde en verre en hulle sal die herinneringe vir lank koester. Dit is ‘n
mekka van aktiwiteite vir pa en ma, die kinders, sportliefhebbers en
12 kuns- en kultuurvrate en dit is natuurlik oesterhemel!

Die Knysna-koppe is twee sandsteentorings wat soos wakende reuse
tussen die Knysna strandmeer en die Indiese Oseaan waghou. Die 50
Koppe is een van die gevaarlikste ingange tot ‘n natuurlike hawe en
menige bote is al hier deur die branders omgeslaan of het op die
13 rotse beland.

Dalene Matthee het nie verniet boeke vol geskryf oor die lowergroen
wonderland van die toweragtige Knysnabos nie. Haar woorde word 55
onthou op ‘n gedenkplaat hier: “Die Knysnabos is ‘n lewende entiteit
wat ons moet respekteer en bewaar.” Dit vat ‘n mens se asem weg,
(of miskien gee dit juis vir jou asem?) as jy jou voete daar sit. Die
geknars van die blaar- en takketapyt onder jou voetsole, met die
14 agtergrondmusiek van voëlgesang, laat jou voel hoe nietig ons as 60
mens is en hoe nodig ons die natuur het.

Soos ‘n feniks van ouds, het Knysna uit die as verrys en is wat die
natuurskoon betref, dalk selfs mooier en beter daaraan toe.

[627 woorde]
[Verwerk uit: Maroelamedia.co.za/ TRAASGPU.COM/ Huisgenoot]

1.1 Skryf EEN woord uit paragraaf 1 neer wat na ‘n groot onbeheerde
brand verwys. (1)

1.2 Die veldbrand het slegs dele van Knysna uitgewis.

Haal ‘n sinsgedeelte uit paragraaf 1 aan om te bewys dat hierdie
stelling ONWAAR is. (1)




1.3 Kies die KORREKTE antwoord.

Eens op ‘n tyd was dit die juweel van die Tuinroete … (Paragraaf 2)


3|Page www.summariessa.co.za Afrikaans EAT
Graad 12 Junie Vraestel 1

Document information

Schooljaar
200
Uploaded on
May 17, 2024
Number of pages
21
Written in
2023/2024
Type
Exam (elaborations)
Contains
Questions & answers
R50,00

Wrong document? Swap it for free Within 14 days of purchase and before downloading, you can choose a different document. You can simply spend the amount again.
Written by students who passed
Immediately available after payment
Read online or as PDF

Seller avatar
Reputation scores are based on the amount of documents a seller has sold for a fee and the reviews they have received for those documents. There are three levels: Bronze, Silver and Gold. The better the reputation, the more your can rely on the quality of the sellers work.
SummariesSA
4,4
(73)
Sold
712
Followers
194
Items
781
Last sold
17 hours ago


Why students choose Stuvia

Created by fellow students, verified by reviews

Quality you can trust: written by students who passed their exams and reviewed by others who've used these notes.

Didn't get what you expected? Choose another document

No worries! You can immediately select a different document that better matches what you need.

Pay how you prefer, start learning right away

No subscription, no commitments. Pay the way you're used to via credit card or EFT and download your PDF document instantly.

Student with book image

“Bought, downloaded, and aced it. It really can be that simple.”

Alisha Student

Working on your references?

Create accurate citations in APA, MLA and Harvard with our free citation generator.

Working on your references?

Frequently asked questions