100% satisfaction guarantee Immediately available after payment Both online and in PDF No strings attached 4.2 TrustPilot
logo-home
Exam (elaborations)

AFK Semester 2 Feedback

Rating
4,0
(6)
Sold
7
Pages
38
Uploaded on
01-11-2017
Written in
2017/2018

1. Comment on Assignment 1 2. Comment on Assignment 2 3. Answers and Feedback on the Activities in the Study Guide 4. Examination












Whoops! We can’t load your doc right now. Try again or contact support.

Document information

Uploaded on
November 1, 2017
Number of pages
38
Written in
2017/2018
Type
Exam (elaborations)
Contains
Answers

Content preview

AFK1502/201/2/2017




Studiebrief 201/2/2017

Basiese Teksvaardighede
AFK1502

Semester 2


Departement Afrikaans & Algemene
Literatuurwetenskap


Hierdie studiebrief bevat belangrike inligting oor werkopdragte.




STAAFKODE




1

, AFK1502/201

Beste student

In die eerste plek wil ons jou weer eens van harte welkom heet by die module Basiese
teksvaardighede. Ons sien daarna uit om met jou in interaksie te tree oor hierdie baie
interessante afdeling van taalgebruik wat daarop gemik is om jou vaardighede in die skryf
van Afrikaanse saaklike (nieliterêre) tekste te verbeter.

Vanweë die baie kort onderrigtyd wat beskikbaar is binne die semesterstelsel, is hierdie
studiebrief besonder omvangryk. Dit bevat naamlik alle terugvoer op jou werk en ook
toeligting vir die eksamen. Die volgende vier afdelings word in hierdie studiebrief uiteengesit:

1. Kommentaar op Werkopdrag 1
2. Kommentaar op Werkopdrag 2
3. Antwoorde en terugvoer op die Aktiwiteite in die studiegids
4. Eksamentoeligting

Dit is in jou eie belang om die studiebrief deeglik te bestudeer, sodat jy verstaan hoekom jy
soms punte verbeur het, en vasstel of jy op die regte spoor is met die voltooiing van die
aktiwiteite. En in die semesterstelsel is die eksamen altyd net om die draai; hierdie
studiebrief gaan jou baie help in jou voorbereiding vir die eksamen.

Jy het dalk agtergekom dat die gebruik van ’n verklarende Afrikaanse woordeboek baie
nuttig is by die beantwoording van sekere vrae. As jy nie ’n Afrikaanse verklarende
woordeboek besit nie, kan jy toegang kry tot ’n eksemplaar by enige plaaslike openbare
biblioteek of skoolbiblioteek. Miskien sien jy kans om jou eie kopie aan te koop; ’n goeie
woordeboek is ’n belegging vir ’n leeftyd. Of miskien kan jy jou werkgewer oortuig dat ’n
Afrikaanse verklarende woordeboek in die kantoor nie ’n oorbodige luukse is nie!

Ons wens jou voorspoed toe met jou studie van die module Basiese teksvaardighede. Jy is
welkom om ons te laat weet wat jou ervaring van hierdie module was; terugvoer van
studente stel ons in staat om die module te bly verbeter en aan te pas by praktykbehoeftes.




2

, AFK1502/201


1. BESPREKING VAN WERKOPDRAG 1 (Semester 2)

Let wel: Vraag 1-5 is gebaseer op die onderstaande teksfragment. Lees dit aandagtig deur
en beantwoord dan die vrae wat daaroor gestel word.

In die Kersseisoen is almal van ons op soek na bekostigbare maar duursame geskenke.
Digitaal Direk het tans talle spesiale aanbiedings op elektroniese toerusting om dit vir jou
makliker te maak. Kyk gerus op ons webwerf na ons wye verskeidenheid kameras,
rekenaars en rekenaartoebehore, televisieskerms en selfone. Jou geliefdes sal baie in hulle
skik wees met ’n geskenk uit ons aanlyn katalogus; dit sal hulle drome laat waar word. Ons
produkte se gehalte is net die beste, en soos jy weet is ons diens voortreflik. Vermy die
kopseer van Kersinkope en plaas jou aanlyn bestelling voor 15 Desember vir ’n spesiale
Kersafslag van 10% op jou bestelling!

1. Watter een van onderstaande opsies bevat SLEGS referensiële aspekte van die
boodskap?

[1] Digitaal Direk se diens is voortreflik en bestellings geplaas voor 15
Desember kry 10% afslag.
[2] Digitaal Direk verkoop elektroniese toerusting en die gehalte daarvan is
net die beste.
[3] Digitaal Direk het ’n aanlyn katalogus en ontvangers van geskenke se
drome sal bewaarheid word.
[4] Digitaal Direk verkoop elektroniese toerusting wat via hulle
webwerf bestel kan word.

Die referensiële boodskap van ’n teks is die feitelike deel daarvan wat objektief is en wat
gekontroleer of geverifieer kan word. In antwoord [1] is die diens wat “voortreflik” is, ’n blote
aanspraak; so ook die “gehalte” wat “net die beste” sou wees in opsie [2]. Die drome wat
bewaarheid sal word in opsie 3 is ’n nog ooglopender aanspraak – hoe sal ’n handelaar in
elektroniese goedere enigsins op hoogte wees van die drome van moontlike internetklante?
Die korrekte antwoord is dus opsie 4: ’n mens kan gaan kontroleer of die maatskappy (of die
webwerf) bestaan en of jy daar bestellings kan plaas (Studiegids, bl. 20).

2. Watter een van die onderstaande stellings beskryf die relasionele aspek van die
boodskap in die teksfragment die beste?

[1] Die skrywer se houding is outoritêr en die ontvanger word soos ’n kind
behandel.
[2] Die skrywer sien die ontvanger as sy gelyke wat familiêr en
informeel benader word.
[3] Die skrywer sien die ontvanger as sy gelyke wat afstandelik en formeel
benader word.
[4] Die skrywer se houding is onderdanig en die ontvanger word met die
uiterste respek benader.

Die relasionele aspek van die boodskap het te make met die verhouding (dink aan Eng.
relationship) tussen die skrywer en leser in hierdie teks. Daar is altyd blyke van ’n sekere
verhouding wat die skrywer daarstel deur die toon, register of woordkeuse wat die skrywer of
sender kies. Frases soos “almal van ons” en “soos jy weet” skep ’n vertroulikheid asof ons


3

, vriende of kennisse sou wees, wat versterk word deur die informele aanspreekvorm “jy”.
Daar is geen sprake van outoritêre gedrag nie, wat opsie [1] uitskakel; die benadering is nie
afstandelik en informeel nie, en ook nie onderdanig en uiters respekvol nie. Die korrekte
antwoord is dus opsie [2] (Studiegids, bl. 21–22).

3. Watter van die onderstaande opsies verteenwoordig ’n aanspraak?

[1] Jou geliefdes sal baie in hulle skik wees met ’n geskenk uit ons
aanlyn katalogus.
[2] Digitaal Direk het tans talle spesiale aanbiedings op elektroniese
toerusting.
[3] Plaas jou bestelling voor 15 Desember vir ’n spesiale Kersafslag van
10% op jou bestelling!
[4] Kyk gerus op ons webwerf na ons wye verskeidenheid kameras,
rekenaars en rekenaartoebehore, televisieskerms en selfone.

Soos reeds genoem in die bespreking van vraag 1, is daar heelwat aansprake (stellings wat
iets voorspel wat nog moet plaasvind, of wat nie gekontroleer of geverifieer kan word nie) in
hierdie teksfragment. Dit is waar/kontroleerbaar dat daar spesiale aanbiedings beskikbaar is
(opsie [2]); ook dat mens 10% korting kry as jy voor 15 Desember bestel en dat jy op die
webwerf kan gaan kyk na die beskikbare items. Die korrekte antwoord is dus opsie [1]: die
handelaar kan nie bewys dat jou geliefdes “baie in hulle skik” sal wees met die geskenk nie
(jou pa verafsku dalk elektronika!). Opsie [1] is dus die korrekte antwoord (Studiegids 11–
14).

4. Die frase Plaas jou aanlyn bestelling voor 15 Desember vir ’n spesiale Kersafslag van
10% op jou bestelling vorm deel van die teksfragment se ... boodskap.

[1] relasionele
[2] appellerende
[3] ekspressiewe
[4] instruktiewe

Die appellerende boodskap van ’n teks het te make met dit wat die sender of skrywer wil hê
die ontvanger moet doen – watter handeling of optrede word verwag van die leser? Dit is
duidelik dat die sender nie net wil hê dat die ontvanger moet kennisneem van die boodskap
nie, maar dat hy of sy inderdaad daarop moet reageer deur ’n bestelling te plaas. Die
korrekte antwoord is dus opsie [2] (Studiegids, bl. 22).

5. Die hoofkommunikasiedoelwit in bostaande teksfragment kan omskryf word as ...

[1] didakties
[2] informatief
[3] oorredend
[4] instruktief

In aansluiting by die bespreking van vraag 4 is dit duidelik dat die skrywer die ontvanger wil
oorreed om produkte te bestel (Studiegids, bl. 3–5).




4
R80,00
Get access to the full document:
Purchased by 7 students

100% satisfaction guarantee
Immediately available after payment
Both online and in PDF
No strings attached

Reviews from verified buyers

Showing all 6 reviews
5 year ago

6 year ago

6 year ago

7 year ago

6 year ago

Hi Danelle, What exactly was you issue here?

7 year ago

7 year ago

7 year ago

Hi Danelle, Why were you unhappy with the material? It was feedback on the assignments and very useful for answering exam questions? It definitely would be useful for answering upcoming assignment questions as the format stays the same?

4,0

6 reviews

5
4
4
0
3
1
2
0
1
1
Trustworthy reviews on Stuvia

All reviews are made by real Stuvia users after verified purchases.

Get to know the seller

Seller avatar
Reputation scores are based on the amount of documents a seller has sold for a fee and the reviews they have received for those documents. There are three levels: Bronze, Silver and Gold. The better the reputation, the more your can rely on the quality of the sellers work.
monique9515 AAA School of Advertising
View profile
Follow You need to be logged in order to follow users or courses
Sold
154
Member since
8 year
Number of followers
132
Documents
26
Last sold
3 year ago

4,0

39 reviews

5
19
4
10
3
5
2
0
1
5

Recently viewed by you

Why students choose Stuvia

Created by fellow students, verified by reviews

Quality you can trust: written by students who passed their exams and reviewed by others who've used these notes.

Didn't get what you expected? Choose another document

No worries! You can immediately select a different document that better matches what you need.

Pay how you prefer, start learning right away

No subscription, no commitments. Pay the way you're used to via credit card or EFT and download your PDF document instantly.

Student with book image

“Bought, downloaded, and aced it. It really can be that simple.”

Alisha Student

Frequently asked questions