Rekenaar Toepassings Tegnologie
Praktiese onderwerpe
,Module 3.1 – Hersien dokumente
• Track Changes moet aangeskakel wees vir veranderinge om 'n spoor te laat
(Review-tab, Tracking-groep, Track Changes).
• Veranderinge in formatering, die uitwis en invoeg van teks word aangedui.
• Die voorgestelde veranderinge kan aanvaar of verwerp word.
• Die veranderingspoor kan versteek word.
• Mens kan spesifiseer hoe die veranderingspoor vertoon moet word.
Module 3.2 – Werk met lang dokumente
Boekmerk
'n Boekmerk identifiseer 'n plek of spesifieke teksgedeelte in 'n dokument deur
'n naam daaraan toe te ken, sodat mens later daarna kan verwys of
daarheen kan navigeer.
Die kortpadsleutels <Ctrl><G> kan gebruik word om 'n boekmerk op te spoor
en daarheen te spring.
Hiperskakel en kruisverwysing
As mens 'n hiperskakel na 'n plek in dieselfde dokument toe wil byvoeg,
buiten na 'n opskrif wat met 'n ingeboude opskrifstyl geformateer is, moet
daardie 'plek' eers geboekmerk wees.
'n Kruisverwysing word gebruik om na verwante inligting op 'n ander plek in
dieselfde dokument te verwys. Mens kan kies watter inligting om te vertoon
oor die item waarna verwys word. ‚n Hiperskakel na hierdie item word by
verstek geskep.
Manipulasie van reël- en bladsy onderbrekings
Gebruik paginerings opsies om te beheer hoe reëls van paragrawe
bymekaar gehou moet word:
• Widow/Orphan control
• Keep with next
• Keep lines together
• Page break before
Onthou dat die paragrawe waarop hierdie opsies toegepas moet word,
eers almal geselekteer moet wees.
2
, Module 3.3 – Integreer, kontroleer en deel dokumente
Mail Merge
1. Begin met die mail merge en spesifiseer die tipe hoofdokument
2. Kies die ontvangers – die databron
3. Voeg die velde wat saamgevoeg moet word in
4. Beskou die resultate
5. Voltooi die samevoeging
Verskillende databronne:
• Databasis tabel
• Sigblad
• Woordverwerkings tabel
• Teks lêer
• Adreslys
Voorbereiding en deel van lêers:
• Afronding van inhoud en uitleg
• Inspekteer dokument
• Kontroleer toeganklikheid
3