100% satisfaction guarantee Immediately available after payment Both online and in PDF No strings attached 4,6 TrustPilot
logo-home
Summary

Summary Die hanswors Gedig complete study guide with questions and answers

Rating
-
Sold
1
Pages
27
Uploaded on
10-07-2023
Written in
2022/2023

Die hanswors Gedig complete study guide with line by line analysis and over 120 questions and answers

Content preview

1



Die hanswors – SJ Pretorius
Die hanswors

1 Oor sy afsigtelike boggel,
2 en kromheid, het hul hom gekoggel,
3 en bitterder was hul venyn
4 as sy vergroeide ruggraatpyn.

5 Tussen die diere in ‘n hoek
6 het hy die eensaamheid gesoek:
7 “Met klere wat gedurig gaar is,
8 wat doen die vent met sy salaris?”

9 Hy’t maandeliks by die poskantoor
10 ‘n brief gepos of een gelees
11 by die dierkratte, oor en oor:
12 “Sou daar tog êrens iemand wees?”

13 En daardie ewige reuk en drank:
14 nie een sou huil as hy bedank,
15 maar waar hy in die sirkustent
16 aapagtig teen die firmament,
17 hoog teen die takelwerk, kon klouter,
18 die dood uittart, en, klein kabouter,
19 sy duiwelstreke uithaal onder
20 dat almal skater vir die wonder,
21 is hy, hoeseer verag, verlate,
22 nog deur die baas beskou as bate.

23 Toe het ‘n brief gekom eendag ...
24 Hy’t oor die bed gebuk, verblind,
25 terwyl ‘n boggelvroutjie, sag,
26 sterwend fluister: “Dankie my kind ...”




Graad 12 EAT - Hanswors

, 2


Agtergrond

SJ Pretorius se gedigte is dikwels oor die lyding/swaarkry van mense.
• Die toon van die meeste van sy gedigte is maar somber en pessimisties.

In “Hanswors” maak SJ Pretorius gebruik van ‘n figuur (hanswors/nar/harlekyn) uit die
sirkus om die ironiese situasie van die mens wat swaarkry en liggaamlike gebreke het,
uit te beeld.
• Hierdie is ‘n verhalende gedig wat die storie van ‘n hanswors met ‘n boggelrug
vertel.
o Misvormde of gebreklike mense is dikwels as hansworse in sirkusse
gebruik.
o Hoewel hulle vir hulle deelname betaal is, het die spottery diep
emosionele letsels gelaat.
o Hierdie mense is dikwels deur die gemeenskap/samelewing uitgestoot.
• Terwyl die hanswors in die gedig mense laat lag, is hy die een wat vernedering
en droefheid ervaar en agter die skerms huil.

“Kipose” is die mediese term vir iemand wat ‘n boggelrug het.
• Dit is nie goeie maniere om iemand ‘n “boggelrug” te noem nie.




Titel

As ‘n mens die titel lees, dink ‘n mens die gedig gaan snaaks/komies wees, maar dit
is ‘n treurige gedig.
• Die funksie van ‘n hanswors in die sirkus is om die toeskouers te laat lag met
die snaakse dinge/toertjies wat hy doen.
• Hansworse is die grapmakers in ‘n sirkus, maar hulle is dikwels
bejammerenswaardige figure.
• Die hanswors in hierdie gedig laat die mense lag, maar ons lees dat hy eintlik
‘n tragiese mens is met ‘n hartseer geskiedenis.
• Die = bepaalde lidwoord. Verwys na die spesifieke hanswors.




Graad 12 EAT - Hanswors

, 3


Sintuiglike waarneming (Sinestesie)

Die hanswors en sy omstandighede word visueel aan ons beskryf.
• Ons sien hoe die hanswors lyk en wat hy doen – sintuig = sig
• Ons hoor ook hoe sy kollegas van hom skinder en hom tart en die toeskouers
vir hom lag – sintuig = gehoor
• Reuksintuig – ons kan die drank ruik.

Tipografie

Die gedig het 5 strofes.
• 26 versreëls (4 kwatryne en 1 strofe met 10 reëls)

Kontraste

Opvallend is die kontras tussen die hanswors se werk wat mense moet
vermaak/amuseer en sy hartseer lewe daarbuite as ‘n eensame man wat met ‘n
gebrek lewe.
• Die mense se gespot (emosionele pyn) teenoor die hanswors se fisiese pyn
van sy boggelrug.
• Misvormigheid (boggelrug) teenoor sy behendigheid/ratsheid in die sirkustent.
• Die diere aanvaar hom, maar nie mense nie.
• Hy word gehaat en vermy, maar is ‘n aanwins vir die sirkus.

Rym

❖ Strofe 1, 2 en 4 is paarrym = aabb
Hier word die werksomstandighede van die hanswors bespreek.
❖ Strofe 3 en 5 is kruisrym = cdcd
In hierdie strofes word sy persoonlike omstandighede beskryf.

Leestekens

Belangrike sake word uitgehef deur die gebruik van die dubbelpunt, ellips, kommas
en die direkte rede.
• Direkte rede word nie net gebruik vir beklemtoning nie, maar ook om variasie
te bring.

Stemming/Atmosfeer

Weemoedig/hartseer/swaarmoedig

Tema

Die ongelukkigheid van ‘n mens met gebreke/wat misvorm is as gevolg van die
onmenslikheid en onsensitiwiteit van die mense om hom.
• Die lyding van ‘n mens met ‘n gebrek.

Vooroordeel teenoor mense met gebreke.



Graad 12 EAT - Hanswors

Document information

Uploaded on
July 10, 2023
Number of pages
27
Written in
2022/2023
Type
Summary

Subjects

Get to know the seller

Seller avatar
Reputation scores are based on the amount of documents a seller has sold for a fee and the reviews they have received for those documents. There are three levels: Bronze, Silver and Gold. The better the reputation, the more your can rely on the quality of the sellers work.
marinusbossert Teachme2-tutor
View profile
Follow You need to be logged in order to follow users or courses
Sold
15
Member since
5 year
Number of followers
12
Documents
11
Last sold
1 year ago

0,0

0 reviews

5
0
4
0
3
0
2
0
1
0

Recently viewed by you

Why students choose Stuvia

Created by fellow students, verified by reviews

Quality you can trust: written by students who passed their exams and reviewed by others who've used these notes.

Didn't get what you expected? Choose another document

No worries! You can immediately select a different document that better matches what you need.

Pay how you prefer, start learning right away

No subscription, no commitments. Pay the way you're used to via credit card or EFT and download your PDF document instantly.

Student with book image

“Bought, downloaded, and aced it. It really can be that simple.”

Alisha Student

Frequently asked questions