100% satisfaction guarantee Immediately available after payment Both online and in PDF No strings attached 4.2 TrustPilot
logo-home
Summary

Wetenskapmannetjies gedig line by line, summary and questions and answers

Rating
-
Sold
1
Pages
24
Uploaded on
10-07-2023
Written in
2022/2023

Wetenskapmannetjies gedig, Antjie Krog summary with 80 questions and answers and a line by line analysis of the poem.











Whoops! We can’t load your doc right now. Try again or contact support.

Document information

Uploaded on
July 10, 2023
Number of pages
24
Written in
2022/2023
Type
Summary

Content preview

1



Wetenskapmannetjies – Antjie Krog

Wetenskapmannetjies

1 Julle sit onder swart teleskope
2 en kyk na die son
3 tot julle besef dat julle nooit daar sal kom.
4 Pateties bepaal julle dan ligjare
5 en vertel dat die son as’t ware
6 inkrimp en eendag gaan verdwyn.

7 Ons sit maar hoog op die windpomp
8 en kyk hoe die son sy kop stamp
9 teen die rant
10 hoe hy bloei
11 hoe die vaal lug gloei
12 hoe die bome tot silhoeëtte verskroei.

13 Daarom liewe menere teken ek klawertjies
14 tussen my huiswerk, kry ek 26%

15 want ek luister eerder na
16 die verdwaalde korhaan
17 tussen die bossies by die tennisbaan
18 en kwadreer liewer my vreugdes
19 en vind dan die logaritme van my hartseer
20 want syfers bring ‘n eensaamheid
21 wat geen mens kan keer.




Graad 12 EAT - Wetenskapmannetjies

, 2


Agtergrond

Die digteres, Antjie Krog, het die gedig geskryf toe sy nog op skool was.
• Sy was ‘n graad 11-leerder.
• Uit die gedig kan ons aflei dat sy nie wetenskaplik of wiskundig ingestel was
nie en glad nie daarvan gehou het nie.

Die gedig lewer kommentaar oor verskillende dinge in verband met wetenskap.
• Die spreker is meer taalkundig (woordmens) en verkies om dinge met emosie
te ervaar as om dit wetenskaplik te analiseer en te verklaar.
• Die moderne toerusting wat gebruik word om die heelal te verken, veroorsaak
dat mense so vasgevang raak en van die wêreld om hulle vergeet.
o Die onbereikbare/onmeetlike word deur jou bewonder en jy vergeet
van die alledaagse wat net so mooi is.

Ons, as Suid-Afrikaners, kan trots wees op MeerKat, ‘n 64-antenna-radioteleskoop in
die Karoo wat ‘n voorloper vir die SKA-teleskoop (die grootste in die wêreld) is.
MeerKat se projekbestuurder, Willem Esterhuyse, is nou deur die Amerikaners
aangestel om die grootste teleskoop in die Noordelike Halfrond te bou.

Die son is ongeveer 5 000 miljoen jaar oud en 1.4 km in deursnee. In vergelyking
met ander sterre in die heelal, is die Son baie klein. Die Son sal nie net krimp en
verdwyn nie, maar in ‘n uitbarsting van vlamme eindig. Soos die Son al warmer
word, sal ons klein planeetjie verbrand.

Titel

Die titel is in die verkleiningsvorm.
• Mannetjies = dui daarop dat die spreker hulle gering skat (sy dink min van
hulle).
o Sy dink aan hulle op ‘n neerhalende/verkleinerende/spottende manier.
o Dit is hoe sy haar negatiewe gevoelens oor wetenskaplikes uitbeeld.
• Die titel is baie geslaagd en sluit aan by die woord “pateties” in reël 4.
• Die “menere” of “julle” is veronderstel om slim/intelligente mense te wees,
maar weet nie hoe om die natuurskoon te beleef nie.

Stemming/Toon

Die toon is een van opstand/uitdagend/filosofies omdat die wetenskaplikes nie die
natuurskoon met hulle emosies ervaar nie – maar klinies is = alles analiseer.
• Die spreker is in verwondering oor die natuur, MAAR ook hartseer omdat
syfers die oorhand oor die skoonheid van die natuur kry.

Tipografie/struktuur/bou

Uiterlike bou:

21 Versreëls.
• 4 strofes


Graad 12 EAT - Wetenskapmannetjies

, 3


• Strofe 1 en 2 = 6 reëls – sestet
o Hier word die teenstelling tussen die wetenskaplikes en die “ons”
gegee.
• Strofe 3 = 2 reëls – koeplet
o Hier kry ons ‘n wending/verandering.
Die spreker verduidelik dat sy klawers teken met die gevolg dat
sy wetenskap druip.
• Strofe 4 = 7 reëls
o Hier gee die spreker die rede vir die klawers.
Sy wil die natuur op ‘n ander, meer natuurlike manier
waarneem.

Herhaling

Baie herhaling kom na vore.
• Bind die gedig tot ‘n eenheid en om haar punt duidelik te stel.

Assonansie

• Dra by tot die ritme van die gedig.
• Die verband tussen die woorde as gevolg van die assonansie dra by tot die
stemming in die gedig, bv.
o son X kom
o stamp X rant
o na X haan
o eensaamheid X geen

Progressie

Van onpersoonlik na verpersoonliking in die waarneming van die natuur.

Sintuiglike waarneming

• Sy sien die sonsondergang – sig
• Sy hoor die korhaan – gehoor

Vrye vers

Geen vaste rymskema nie.

Ek-spreker

Die spreker is ‘n leerder (manlik/vroulik) wat nie van wetenskap en wiskunde hou
nie.
Aangesprokene = wetenskaplikes/sterrekundiges/die wetenskaponderwyser

Tema

Die natuur moet met verwondering beskou word en nie deur die koue oog van die
wetenskaplikes nie. / Wetenskap is nie alles nie.

Graad 12 EAT - Wetenskapmannetjies

Get to know the seller

Seller avatar
Reputation scores are based on the amount of documents a seller has sold for a fee and the reviews they have received for those documents. There are three levels: Bronze, Silver and Gold. The better the reputation, the more your can rely on the quality of the sellers work.
marinusbossert Teachme2-tutor
View profile
Follow You need to be logged in order to follow users or courses
Sold
15
Member since
5 year
Number of followers
12
Documents
11
Last sold
1 year ago

0,0

0 reviews

5
0
4
0
3
0
2
0
1
0

Recently viewed by you

Why students choose Stuvia

Created by fellow students, verified by reviews

Quality you can trust: written by students who passed their exams and reviewed by others who've used these notes.

Didn't get what you expected? Choose another document

No worries! You can immediately select a different document that better matches what you need.

Pay how you prefer, start learning right away

No subscription, no commitments. Pay the way you're used to via credit card or EFT and download your PDF document instantly.

Student with book image

“Bought, downloaded, and aced it. It really can be that simple.”

Alisha Student

Frequently asked questions