100% satisfaction guarantee Immediately available after payment Both online and in PDF No strings attached 4,6 TrustPilot
logo-home
Summary

Summary Heks van heksrivier study guide with questions and answers

Rating
-
Sold
-
Pages
15
Uploaded on
10-07-2023
Written in
2022/2023

The Heks van heksrivier study guide with questions and answers will ensure that this poem does not catch you by surprise. There are 50 questions and answers and a line by line analysis of the poem

Content preview

1



Die heks van Hexrivier – Phillip Nel

Die heks van Hexrivier

1 Toe die Hexrivier se heide teen die berghange blom
2 het ‘n Hugenote-meisie van Drakenstein gekom.
3 Die lig in haar oë het die jonkmans betower
4 maar net een kon dit regkry om haar hart te verower.

5 Elize, o Elize, met die lieflike oë
6 jou hart sou jy gee vir die rooi orgidee.
7 Elize, o Elize, jy’t jou liefde belowe
8 aan hom wat die blom van die berghang sou bring.

9 Toe hy opklim teen die kranse na die rooi orgidee
10 het sy lankal besluit om haar liefde te gee
11 maar sy voet het gegly en onder op rotse
12 met ‘n disa in sy hand is sy liggaam gekry.

13 As newels in die maanlig om die rotswande vou
14 staan daar bo die afgrond ‘n eensame vrou
15 en saam met winde wat huil deur die klowe
16 roep sy na hom want haar hart was belowe.

17 Elize, o Elize, met die lieflike oë
18 jou hart wou jy gee vir die rooi orgidee.




Gr 12 EAT-Die heks van Hexrivier

, 2


Agtergrond

Die gedig is gebaseer op ‘n legendariese Suid-Afrikaanse figuur uit die 18de of 19de
eeu.

Pierre Savoy het hom saam met sy vrou en dogter, Elise, in die Kaap kom vestig.
Hulle was Franse Hugenote. Hy het hom op ‘n plaas in die Hexriviervallei gevestig.

Elise was baie mooi maar ydel, verveeld en hoogmoedig. Daar was vele jongmans
wat om haar hand gewedywer het. Sy het gevoel dat
die man wat haar hart verdien, die een sou wees wat vir
haar die rooi Disablom pluk. Sy wou in die proses ook
‘n bietjie pret hê. Die blom is te kry in die klowe van die
Matroosberg. Rondom die Matroosberge is die hellings
baie steil. Die blom groei teen die onbereikbare hange
van die berg en dit was baie gevaarlik in die omgewing
waar die blom gegroei het. Daar was toe een man wat
dapper genoeg was om die uitdaging te aanvaar. (Verskillende name word in al die
bronne genoem, nl. Jean, Flip, Phillip, Frans – Volgens die inligtingstukke wat ons van
die Departement af ontvang het, is die persoon Phillip de Vos).

Voor sy egter vir hom die ja-woord sou gee (sy was ook regtig lief vir dié man en het
klaar besluit hy was die een), moes hy vir haar die Disablom (rooi orgidee) gaan pluk
om sy liefde te bewys. Phillip het die blom gevind, maar te ver oorgeleun en die krans
onder hom het verbrokkel en hy het hom doodgeval. (‘n Ander weergawe is dat hy
gegly het en toe geval het).

Elise was stukkend en ontroosbaar en het kranksinnig (mal) van verdriet geword. Sy
was vol skuld en het besef dat haar selfsugtige daad tot sy dood gelei het. Hulle moes
haar toesluit in haar kamer maar een nag met behulp van die maanlig, het sy haar pad
na die heuwels toe gevind om na haar geliefde te soek. Sy het toe van uitputting op
die rots waar hy gesterf het, neergeval en die rots het ook onder haar meegegee en
tot haar dood gelei. Daar is ook ander weergawes wat beweer dat sy van die rots
afgespring het. Dit maak nie regtig saak wat die verskillende weergawes behels nie.

Eeue later leef die legende voort, nl. ‘n wit gedaante (Elise) wat elke volmaannag op
die rots verskyn. Met volmaan kan mense haar wit nagrok en kaalvoete sien. Die
inwoners noem haar die heks van Hexvallei.

Sommige mense noem die storie ‘n mite en ander noem dit ‘n sprokie.

‘n Mite is 'n verhaal waarin gode, helde of fantastiese karakters in die hoofrol geleë is.

‘n Sprokie is ‘n verhaal met ‘n sedeles waarin die verbeelding ‘n belangrike rol speel.
• Dit is ‘n eenvoudige storie wat van geslag tot geslag oorvertel word en bevat
denkbeeldige figure soos hekse, kabouters en feetjies en diere en plante kan
praat.




Gr 12 EAT-Die heks van Hexrivier

Document information

Uploaded on
July 10, 2023
Number of pages
15
Written in
2022/2023
Type
Summary

Subjects

Get to know the seller

Seller avatar
Reputation scores are based on the amount of documents a seller has sold for a fee and the reviews they have received for those documents. There are three levels: Bronze, Silver and Gold. The better the reputation, the more your can rely on the quality of the sellers work.
marinusbossert Teachme2-tutor
View profile
Follow You need to be logged in order to follow users or courses
Sold
15
Member since
5 year
Number of followers
12
Documents
11
Last sold
1 year ago

0,0

0 reviews

5
0
4
0
3
0
2
0
1
0

Recently viewed by you

Why students choose Stuvia

Created by fellow students, verified by reviews

Quality you can trust: written by students who passed their exams and reviewed by others who've used these notes.

Didn't get what you expected? Choose another document

No worries! You can immediately select a different document that better matches what you need.

Pay how you prefer, start learning right away

No subscription, no commitments. Pay the way you're used to via credit card or EFT and download your PDF document instantly.

Student with book image

“Bought, downloaded, and aced it. It really can be that simple.”

Alisha Student

Frequently asked questions