Afrikaans FAL Matric Set Book
Kontekstuele Eksamen Oefen Vrae en Antwoorde vir Hoofstuk 21-Epiloog
Afrikaans FAL Graad 12
Compiled by Dominique Strydom Copyright 2023
, TEKS A
Terug voor die laptop. Dok se e-posprogram is nog oop. Outlook.
“Hackers sal dit nooit gebruik nie,” het Eckardt gesê. “Hulle gebruik mail-programme soos Pine
of Mutt. Dis baie beter as Microsoft se Outlook.”
Ek scan die mail. Maak ‘n paar oop. Dis maar meestal skoolgoed. Mails van ouers. Een
daarvan van ‘n man wie se kind terug is huis toe omdat hy “soos ‘n uitgestotene gevoel het.”
Natuurlik een van die Trappers wat nie sy pad deur die doolhof van waterafvoerpype kon kry
nie.
Maar dis nie waarin ek nou belangstel nie. Daar moet tog iets anders wees. ‘n Krakie in Dok se
mondering wat my kan wys hoe hy inpas by Eckardt se verdwyning. Tussen die mails wat ek
oopmaak, kry ek een wat my bloed vinniger deur my are laat ruis. Die hele boodskap is net vol
letters en syfers. Deurmekaar. ‘n Encrypted mail, soos wat Eckardt my gewys het toe ons terug
by die skool was nà die vakansie.
Ek kry nog twee van hulle tussen die ander mails.
1. Waar het Greg die sleutel vir die “encrypted” eposse gekry? (1)
2. Watter program het Greg op Dok se rekenaar gelaai om te sien wat Dok op sy rekenaar
doen? (1)
3. Wat laai Greg alles van Dok se rekenaar af? Noem twee dinge. (2)
4. Waar stoor Greg die inligting wat hy van Dok se rekenaar afgelaai het? (1)
5. Voltooi die sin hieronder. Skryf slegs die vraagnommer en die letter neer.
Die Onderwêreld veroorsaak dat… (1)
A. Greg met TJ gaan skaak speel.
B. Greg meer en meer inligting van Dok se rekenaar af probeer kry.
C. Greg se rekenaar ‘n virus kry.
Compiled by Dominique Strydom Copyright 2023