Suur-basis konsepte
Indikators
Indikators is chemiese stowwe wat van kleur verander volgens die pH van ‘n oplossing.
Indikator Kleur in suur Kleur in basis Kleur in neutrale
medium
Rooi lakmoespapier Rooi Blou Rooi
Blou lakmoespapier Rooi Blou Blou
Broomtimolblou Geel Blou Groen
Fenolftaleien Kleurloos Pienk Kleurloos
Universele indikator Rooi,oranje, geel Blou, pers, violet Groen
Die universele indikator is ‘n mengsel van indikators wat by verskillende pH-waardes ‘n definitiewe kleur
aandui.
Die pH-skaal
Die pH-skaal is ‘n skaal van 1-14 wat die suurheid of alkaliniteit van ‘n stof aandui.
‘n Stof met ‘n pH-waarde kleiner as 7 is ‘n suur. Dit vertoon rooi, oranje of geel met byvoeging van
universele indikator.
‘n Stof met ‘n pH gelyk aan 7 is neutraal en vertoon groen met byvoeging van universele indikator.
‘n Stof met ‘n pH-waarde groter as 7 is ‘n basis. Dit vertoon blou, pers of violet met byvoeging van ‘n
universele indikator.
‘n Basis wat opgelos word in water staan bekend as ‘n alkali.
Eienskappe van sure en basisse
Sure Basisse
Definisie ‘n Stof met ‘n pH kleiner as 7 ‘n Stof met ‘n pH groter as 7
- Proe suur - Voel seperig
- Kan ander stowwe vreet of - Proe bitter
brand (korrosief) - Kan ander stowwe van kleur laat
Eienskappe - Kan ander stowwe van kleur verander
laat verander - Rooi lakmoes word blou
- Blou lakmoes word rooi - Kan ‘n suur neutraliseer
- Kan ‘n basis neutraliseer
- Los maklik in water op
As ons hierdie sure verdun gooi ons altyd die suur by die water.