Minoto, die hoenderpootvrou, en haar uitgebreide familie en aan die ander
kant dié van die maatskaplike werkster, en die ‘stiltes’ wat albei families
teister. Die geweld teenoor vroue en kinders en die ontoegeeflikheid van
Ganyesa se stof wat oor grense heen die verskille tussen ras en stand uitwis
totdat die een soos die ander word.
– Jeanne Goosen
’n Fassinerende debuut.
– Louise Viljoen
’n Allerpragtigste verhaal, vol ingehoue drif en trane, vol gees en wêreld, en
vol tasbaarhede. Wat sy skryf, is van vandag en van hier. Dis van Afrika. Jy
ruik die teks, jy sien die woorde, jy hoor dit. Dit leef.
– Petra Muller
,Wenner van die UJ-prys (Universiteit van Johannesburg) vir die beste
debuutwerk 2005.
Wenner van die Eugène Marais-Prys vir die beste debuutwerk 2005.
Wenner van die Jan Rabie/Rapport-Prys vir innoverende Afrikaanse
skryfwerk 2006.
, Marlize Hobbs
FLARDE
’n Novelle
e-Boeke vir Afrika