EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE
Graad 7
TELEKOMMUNIKASIEDIENSTE
Module 17
INKOPIES OP DIÉ INTERNET
Nadat jy die artikel oor iPods gelees het,het jy besluit dat dit net die ding
is om te hê. Maar nou is die probleem egter dat daar nie 'n winkel op die
dorp is wat iPods verkoop nie. Die enigste uitweg is om op die Internet
inkopies te gaan doen.
Jou baie ingeligte vriend beveel aan dat jy op kalahari.net se webblad
ingaan want hulle verkoop nie net boeke nie, maar ook DVD's en
video's, musiek en elektronika en kameras.
Musiek uit die broeksak
Die iPod is nie sommer enige draagbare musiekspeler nie; dit het
ontwikkel tot 'n simbool van die moderne tyd. Dit het 'n
modebykomstigheid van kinders van alle ouderdomme geword waaraan
hulle geloofwaardigheid gemeet word.
Die verkope van hierdie digitale oogappel het alle verwagtinge oortref.
Tussen Julie en September 2004 het daar wêreldwyd twee miljoen stuks
oor die toonbank verkoop. Teen Kersfees sou die verkope tien miljoen
beloop. Die iPod word in voorkoms, binne en buite, as cool as hell
beskou.
Die iPod Photo het plek vir 15 000 liedjies op sy hardeskyf van 60
gigabyte en bied jou bowendien die moontlikheid om digitale foto's op te
roep.
1|Page