DIE NUWE KIND
1 Ons oë pen jou in jou spore vas:
2 die nuwe kind hier in ons klas.
3 In óns skooldrag, langs óns meneer,
4 jou hare volgens die reëls geskeer.
5 “Hector Subokwe,” hoor ons jou naam,
6 “’n koningskind” – al is jy skaam.
7 Bedees knik jy asof jy óns bedank
8 en gaan sit dan stil in jou bank.
9 Uit ’n Tupperware-bakkie, soos dit hoort,
10 eet jy pouses jou snytjies brood.
11 Maar eenkant, alleen, onder ’n boom
12 gaan staan jy dan en droom.
13 In die kunsklas word jou pen ’n mas,
14 hys jy prentjieseile uit jou ribbekas,
15 vaar jy weg oor wit papier
16 die toekoms in, nog ver van hier …
1 Ons oë pen jou in jou spore vas:
2 die nuwe kind hier in ons klas.
3 In óns skooldrag, langs óns meneer,
4 jou hare volgens die reëls geskeer.
5 “Hector Subokwe,” hoor ons jou naam,
6 “’n koningskind” – al is jy skaam.
7 Bedees knik jy asof jy óns bedank
8 en gaan sit dan stil in jou bank.
9 Uit ’n Tupperware-bakkie, soos dit hoort,
10 eet jy pouses jou snytjies brood.
11 Maar eenkant, alleen, onder ’n boom
12 gaan staan jy dan en droom.
13 In die kunsklas word jou pen ’n mas,
14 hys jy prentjieseile uit jou ribbekas,
15 vaar jy weg oor wit papier
16 die toekoms in, nog ver van hier …