ONDERWERP 1:
BIOSFEER TOT
EKOSISTEME
Biosfeer:
• Deel van die aarde waar alle lewende organismes voorkom.
Komponente van die biosfeer:
1. Hidrosfeer:
• Sluit al die water aangetref op Aarde in.
• Funksie - Voorsien habitat vir mariene (seewater) en varswater-organismes.
2. Litosfeer
• Buitenste kors van die aardoppervlak
• Grond- en rotslaag wat die vastelande op Aarde se oppervlak vorm.
• Funksie – voorsien habitat vir grond-organismes.
3. Atmosfeer
• Gemengde gaslaag wat die aarde omring.
• Funksie – absorbeer ultraviolet straling en beskerm lewe op aarde; verminder
temperatuurverskille.
BIOME: (Aangeheg)
Terminologie:
Biome = geografiese streke met eenderse klimaat en plantegroeisoorte.
Ekosisteem = bepaalde gebied waar alle lewende organismes op mekaar en op
abiotiese faktore inwerk.
Habitat = plek waar ‘n organisme leef.
Nis = spesifieke leefstyl wat ‘n organisme in ‘n spesifieke plek uitvoer.
Biodiversiteit = aantal verskillende spesies wat ‘n sekere ekosisteem bewoon.
1
, LEWENSWETENSKAPPE GRAAD 10: OPSOMMINGS ©
Menslike bedrywighede wat ’n uitwerking op die omgewing het:
1. Lugbesoedeling en aardverwarming
Verbranding van fossielbrandstowwe wat klimaatverandering versnel.
Verandering in gemiddelde temperatuur sal:
o Habitats verander
o Reenvalpatrone beïnvloed
2. Landbou:
Nuwe gewasse te kweek, grond bewerk en natuurlike habitatte vernietig.
o Kunsmis sal water besoedel
o Beskadig grond
3. Nywerheid en verstedeliking:
Bedrywighede vernietig habittate.
4. Menslike bevolkingsgroei:
Lei tot meer besoedeling.
5. Wildstropery:
Onwettige vang en doodmaak van diere.
o Kan tot uitsterwing lei.
Ekostelsels / ekosisteem:
Ekostelsel = versameling lewende en nie-lewende dinge wat in wisselwerking is.
Bestaan uit TWEE dele:
Biotiese – lewende organismes.
Abiotiese – nie-lewende faktore.
2