Hierdie notas is saamgestel met behulp van vorige eksamenvraestelle: SACAI NOV 2020, SACAI NOV 2021, SACAI NOV 2022. NSC – Grade
11 Onderwerptoets: Sellulêre asemhaling. @WCED Hersieningsboekie 2025. LEWENSWETENSKAPPE TAAK 6: TOETS 2_GRAAD 11.
(EC/NOVEMBER 2023) & (EC/NOVEMBER 2024)
Belangrik:
Hierdie studienotas word jaarliks hersien en op-datum gehou om met die KABV-kurrikulum en
huidige eksamenvereistes ooreen te stem. Die inhoud is gebaseer op vorige eksamenvraestelle,
toetse en tipiese assesseringsvraagpatrone.
Die inhoud is aangepas en gestruktureer vir eksamenvoorbereidingsdoeleindes. KI-hulpmiddels is
gebruik om te help met formatering, herformulering en differensiasie.
Hierdie notas is ontwerp om leerders te help om:
• Sleutelbegrippe te verstaan
• Eksamenstylvrae te oefen
• Belangrike temas en patrone in assesserings te identifiseer
• Belangrike inhoud op ’n gestruktureerde manier te hersien
Om te verseker dat leerders met die mees relevante en opgedateerde inhoud werk, word ouers en
leerders aangemoedig om te bevestig dat hulle die nuutste weergawe van die notas gebruik. Indien
jy onseker is of jy die nuutste weergawe het, kontak my gerus by:
Let asseblief daarop dat hierdie notas saamgestel is as ’n gestruktureerde studiehulpmiddel vir
eksamenvoorbereiding. Dit vervang nie die voorgeskrewe handboek of klasonderrig nie.
© 2026 Juffrou Ansie Study Notes. Alle regte voorbehou. Hierdie materiaal mag nie sonder skriftelike toestemming gereproduseer of versprei word nie. Kontak
, Page 2 of 52
Belangrik: Leerders kan die Kwartaal 3-notas gebruik vir gefokusde Kwartaal 3-voorbereiding.
Waar van toepassing, word dit ook aanbeveel dat leerders Kwartaal 1- en Kwartaal 2-notas saam
met die Kwartaal 3-notas hersien.
Sterkte: Juffrou Ansie.
INHOUD
GASWISSELING ...........................................................................................................................2
EKSKRESIE BY DIE MENS ........................................................................................................... 15
BEVOLKINGSEKOLOGIE ........................................................................................................... 29
INTERAKSIES IN DIE OMGEWING ............................................................................................ 29
MENSLIKE BEVOLKINGSGROEI ............................................................................................... 33
VOORSPELLING VAN MENSLIKE BEVOLKINGSGROEI .............................................................. 38
BEPALING VAN BEVOLKINGSGROOTTE ................................................................................... 39
GASWISSELING
Die uitruiling van suurstof (O2) en koolstofdioksied (CO2) oor ‘n
Gaswisseling
gaswisselingsoppervlak.
Asemhaling Die fisiese proses waardeur lug in en uit die longe beweeg.
‘n Chemiese proses wat binne selle plaasvind waardeur
Sellulêre
voedselmolekules soos glukose afgebreek word om energie vry te
respirasie
stel.
Die ventilasie/asemhalingstelsel by die mens bestaan uit die volgende:
• Neusholtes
• Tragea
• Twee brongi
• Talle brongioli
• Twee longe
• Asemhalingspiere
ASEMHALINGSTELSEL VAN DIE MENS WCED Hersieningsboekie 2025
© 2026 Juffrou Ansie Study Notes. Alle regte voorbehou. Hierdie materiaal mag nie sonder skriftelike toestemming gereproduseer of versprei word nie. Kontak
, Page 3 of 52
Neusholtes
• Die twee uitwendige neusopeninge lei na twee neusholtes wat deur ‘n septum van mekaar geskei word
• Klein, fyn haartjies in die neusopeninge filtreer groter deeltjies uit die ingeasemde lug
• Elke neusholte word deur drie gekromde turbinaatbene in drie gange verdeel.
• Die neusholtes is uitgevoer met ‘n slymvlies wat uit gesilieerde kolomepiteelselle bestaan.
• Die epiteelselle is ryklik voorsien van kapillêre bloedvate wat inkomende lug verwarm.
• Bekerselle tussen die kolomepiteelselle skei slym af wat stofdeeltjies en kieme vasvang, antisepties
is en inkomende lug bevogtig.
• Silia beweeg die slym met vasgevangde stofdeeltjies en mikroörganismes na die farinks waar dit
ingesluk of uitgehoes kan word.
Farinks
• Die neusholtes open in die farinks.
• Die farinks lei na twee openinge, die DIE VENTILASIESTELSEL
opening bekend as die glottis wat na
die tragea lei, en die opening wat na
die esofagus lei.
Tragea
• Die tragea is ‘n lang, buisvormige struktuur wat aan die voorkant van die esofagus geleë is.
• Die larinks wat die stembande huisves, is aan die bopunt van die tragea geleë.
• Die epiglottis is aan die bopunt van die larinks geleë en bestaan uit kraakbeen
• Die epiglottis sluit die glottis tydens die slukproses en verhoed sodoende dat voedsel die tragea
binnegaan.
• Die wande van die tragea word deur C-vormige kraakbeenringe versterk en oopgehou.
• Die tragea is uitgevoer met gesilieerde kolomepiteelselle wat slym (mukus) afskei.
• Die slym bevogtig die inkomende lug en vang stofdeeltjies vas.
• Slym met vasgevangde stofdeeltjies word deur die beweging van die silia na die farinks vervoer.
© 2026 Juffrou Ansie Study Notes. Alle regte voorbehou. Hierdie materiaal mag nie sonder skriftelike toestemming gereproduseer of versprei word nie. Kontak
, Page 4 of 52
Brongi, brongioli en alveoli
• Die tragea vertak in twee brongi wat onderskeidelik die regter-en
linkerlong binnegaan
• Die brongi is ook met ‘n slymvlieslaag uitgevoer en word deur C -
vormige kraakbeenringe oopgehou.
• Die brongi verdeel in kleiner vertakkings binne die long en vorm
brongioli
• Die brongioli het geen kraakbeenringe en hul wande bestaan uit
Longe gladde spiere wat kan saamtrek en ontspan om lugvloei te beheer
• Die twee longe is in die borskas geleë en • Elke brongiool eindig in ‘n infundibulum wat uit ‘n groep alveoli
word deur 12 pare ribbe beskerm. bestaan.
• Die longe is sponsagtig en elasties en
kan uitsit en inkrimp tydens asemhaling
• Die regterlong bestaan uit drie lobbe, en
die linkerlong uit twee lobbe.
• Elke long word omring deur ‘n DIE VENTILASIESTELSEL
dubbelmembraan, naamlik die pleura. VERVOLG
• Die vloeistof (interpleurale vloeistof)
tussen die pleura verhoed wrywing
wanneer die longe uitsit en inkrimp.
Asemhalingspiere en ribbe:
Diafragma:
Die diafragma is ‘n
koepelvormige spierplaat wat Ribbe:
die bors-en buikholte van Tussenribspiere:
mekaar skei. Die ribbe is aan weerskante van
Die tussenribspiere kom tussen
Die diafragma trek saam en raak die sternum (borsbeen) en
opeenvolgende ribbe voor en
platter om die volume van die beskerm die longe teen
bestaan uit uitwendige en
borsholte te verander en is besering.
inwendige tussenribspiere.
belangrik tydens asemhaling.
© 2026 Juffrou Ansie Study Notes. Alle regte voorbehou. Hierdie materiaal mag nie sonder skriftelike toestemming gereproduseer of versprei word nie. Kontak