© 2026 Juffrou Ansie Study Notes. Alle regte voorbehou. Hierdie materiaal mag nie sonder skriftelike toestemming gereproduseer of versprei word nie.
Kontak
, 2
INLEIDING
Hierdie Analiseboekie is saamgestel om leerders te help om Die Kind deur Jan van
Tonder deeglik te verstaan en die belangrikste literêre aspekte van die roman
sistematies te bestudeer.
Die fokus is nie net op wat in die verhaal gebeur nie maar ook op hoe en waarom
gebeure belangrik is, hoe karakters ontwikkel en hoe verskillende literêre elemente
bydra tot die betekenis van die roman.
HOE OM HIERDIE BOEKIE TE GEBRUIK
1. Werk afdeling vir afdeling deur die boekie en probeer om die inhoud te verstaan
eerder as om bloot feite te memoriseer.
2. Wanneer jy ’n karakter bestudeer, moet jy nie net die karaktereienskap ken nie. Jy
moet ook ’n bewys uit die verhaal kan gee en kan verduidelik hoe daardie bewys
die karaktereienskap ondersteun.
Dieselfde beginsel geld vir temas, konflik, simboliek en verhaalstruktuur:
IDENTIFISEER → GEE BEWYS → VERDUIDELIK DIE VERBAND
GEBRUIK DIE DRIE HULPBRONNE SAAM
Hierdie Analiseboekie vorm deel van ’n stel van drie Die Kind-hulpbronne wat ontwerp
is om mekaar aan te vul.
1. Analiseboekie
Gebruik hierdie hulpbron vir ’n deeglike begrip van die literêre aspekte van die roman.
2. Opsomming- en Kontekstuele Vraeboekie
Gebruik hierdie hulpbron om die belangrikste gebeure te hersien en jou kennis deur
kontekstuele vrae, memorandums en ’n eksamenstyl-oefening toe te pas.
3. PowerPoint-aanbieding
Gebruik die PowerPoint vir visuele hersiening van die belangrikste inhoud en om
kernfeite vinnig vas te lê.
Die drie hulpbronne werk dus saam:
VERSTAAN EN ANALISEER → HERSIEN EN OEFEN → VISUEEL VASLÊ
Die doel is nie om antwoorde bloot uit die kop te leer nie maar om die roman goed
genoeg te verstaan dat jy jou kennis in toetse, take en eksamenvrae kan toepas.
Juffrou Ansie
E-pos:
© 2026 Juffrou Ansie Study Notes. Alle regte voorbehou. Hierdie materiaal mag nie sonder skriftelike toestemming gereproduseer of versprei word nie.
Kontak
, 3
INHOUD
INLEIDING ............................................................................................................... 3
DIE TITEL – DIE KIND................................................................................................. 4
VERTELLER .............................................................................................................. 5
RUIMTE ................................................................................................................... 6
TYD ......................................................................................................................... 8
Intrige en verhaalstruktuur ........................................................................................ 9
Karakters ............................................................................................................... 11
AMAZOLO .......................................................................................................... 11
DIE KIND / ZOLILE ............................................................................................... 13
THANDI MUTWA ................................................................................................. 16
MLENZANA ........................................................................................................ 17
MVULA MUTWA .................................................................................................. 19
MALANDLELA..................................................................................................... 21
ZUZIWE.............................................................................................................. 22
LIKWEZI ............................................................................................................. 24
SIPHO................................................................................................................ 25
NOMSA .............................................................................................................. 27
OORSPRONKLIKE ZOLILE VS DIE KIND .................................................................... 28
KONFLIK ............................................................................................................... 30
TEMAS ............................................................................................................... 31
SIMBOLIEK EN BELANGRIKE BEELDE ................................................................... 34
ZOELOE-KULTUUR EN TRADISIONELE GEBRUIKE ..................................................... 36
INLEIDING
Die Kind is ’n roman deur Jan van Tonder wat in 1989 verskyn het. Die verhaal speel
hoofsaaklik in Msinga en die omgewing van Tugela Ferry in KwaZulu-Natal af. Die
Zoeloe-kultuur, tradisionele gebruike en die invloed van familie en gemeenskap vorm ’n
belangrike agtergrond tot die verhaal.
© 2026 Juffrou Ansie Study Notes. Alle regte voorbehou. Hierdie materiaal mag nie sonder skriftelike toestemming gereproduseer of versprei word nie.
Kontak
, 4
Die verhaal fokus veral op Amazolo en haar seun, wat vir ’n groot deel van sy kinderjare
bloot as “die kind” bekend staan. Sy identiteit en sy verhouding met die mense rondom
hom is sentraal tot die gebeure.
Die roman wys hoe keuses uit die verlede, familieverhoudings, liefde, verlies en
identiteit mense se lewens kan beïnvloed. Die botsing tussen tradisie en ’n meer
moderne leefwyse kom ook deur verskeie karakters
en gebeurtenisse na vore.
Verskeie Zoeloe-terme, rituele en tradisionele
voorwerpe word gebruik om die kulturele wêreld van
die karakters te versterk. Hierdie terme word later in
die boekie verduidelik en hoef dus nie reeds volledig
in die inleiding bespreek te word nie.
Kernfeite
• Skrywer: Jan van Tonder
• Genre: Roman
• Verskyningsjaar: 1989
• Hoofruimte: Msinga en Tugela Ferry,
KwaZulu-Natal
• Kulturele fokus: Zoeloe-kultuur en tradisies
• Hoofkarakters: Amazolo en die kind / later Zolile
DIE TITEL
– DIE KIND
Die titel Die Kind verwys na Amazolo se seun wat vir ’n groot deel van sy kinderjare geen
naam het nie.
By sy geboorte verwerp Amazolo hom. Sy sê:
“Ek het nie ’n kind nie.”
Sy sê ook dat hy nie ’n ma het nie en dat hulle hom vir iemand moet gee wat vir hom ’n
naam wil gee.
’n Jaar later bring Thandi hom terug na Amazolo maar Amazolo weier steeds om hom ’n
naam te gee. Vir haar sou ’n naam beteken dat hy iemand is.
Later verander Amazolo se gevoelens. Sy begin die kind liefkry maar gee hom steeds nie
’n naam nie. Sy wil hê sy naamloosheid moet haar herinner aan die tyd toe sy gevoel het
dat sy “te sleg was om ’n ma genoem te word.”
Waarom is die titel gepas?
© 2026 Juffrou Ansie Study Notes. Alle regte voorbehou. Hierdie materiaal mag nie sonder skriftelike toestemming gereproduseer of versprei word nie.
Kontak