Ontwikkeling
Die betekenis van ontwikkeling
Ontwikkeling word gedefinieer as ‘n verbetering in die faktore wat die gehalte en standaard van ‘n mens
se lewe beinvloed.
Hierdie faktore sluit in:
• Inkomste
• Dieet
• Behuising
• Gesondheidsorg
• Sanitasie
• Onderwys
Ontwikkeling sluit ook in:
• Ekonomiese groei
• Tegnologie vooruitgang
• Die opheffing van menseregte
Die drie hoofareas binne ontwikkeling is:
• Die ekonomie
• Die samelewing
• Die omgewing
Ekonomiese aspekte van ontwikkeling
‘n Land se ekonomie verwys na al die aktiwiteite wat mense gebruik, asook hulpbronne, om welstand te
skep.
Dit sluit in:
• Ondernemings
• Nywerhede
• Handel wat mense in diens neem en geld maak.
Ekonomiese ontwikkeling is die verbetering in ‘n persoon se standaard van lewe en ‘n land se welstand.
Met ‘n groter inkomste kan ‘n mens beter onderwys, gesondheidsorg, voedsel en behuising bekostig.
Met toenemende welvaart kan ‘n land se infrastruktuur verbeter.
Sosiale aspekte van ontwikkeling
Die woord “sosiale” is gekoppel aan die samelewing of aan mense.
In die verlede het die meeste projekte ‘n ekonomiese fokus gehad.
Maar selfs met ekonomiese groei en ontwikkeling, bly ‘n groeiende aantal mense arm.
, Dit is nie goed as ‘n land se rykdom verhoog maar sy mense se lewensgehalte verbeter nie.
Dit was om hierdie rede dat mense die fokus van ontwikkeling geword het.
Maatskaplike ontwikkeling, ook bekend as “menslike onwikkeling”, gaan oor die welsyn van mense en
hul gesondheid, gemak, geluk en voorspoed.
‘n Paar voorbeelde van maatskaplike ontwikkeling sluit in:
• Verbetering van opvoeding, opleiding, gesondheidsorg en behuising.
• Die versekering dat vroue en kinders gelyk behandel word.
• Sosiale sekerheid.
• Die beskerming van menseregte, vryheid, veiligheid en sekuriteit.
Omgewingsaspekte van ontwikkeling
Die omgewing is die natuurlike wereld om ons.
Dit sluit in:
• Die lug
• Land
• Water
• Alle plante en diere
In die verlede het die ontwikkeling van sommige projekte die natuurlike omgewing beskadig.
As ontwikkeling betekenisvol en volhoubaar is, rig dit nie skade aan die omgewing nie.
As ‘n ontwikkeling werk skep en mense se lewens en inkomstes verbeter maar dit skaad die omgewing,
is dit nie betekenisvol nie.
Betekenisvolle ontwikkeling neem die impak op die omgewing in ag en vind plaas sonder om die
natuurlike omgewing te beskadig.
Omgewingsontwikkeling beteken dat ons binne die Aarde se middele lewe.
Maniere om ontwikkeling te meet
Meet ekonomiese aspekte van ontwikkeling
Bruto Binnelandse Produk (BBP)
Dit is die totale waarde van al die goedere en dienste wat ‘n land in een jaar produseer.
Bruto Binnelandse Produk per capita (BBP/capita)
BBP vertel ons wat ‘n land se inkomstes is.