en klimaat
WEER: Die temperatuur; reënval en weer op ń spesifieke dag.
KLIMAAT: Die weer oor ń lang tydperk in ń gebied.
Wanneer ons ń plek se klimaat beskryf:
Ons kyk na die temperatuur en die reënval.
1⃣ Temperatuur: Hoe warm of koud dit is.
Ons gebruik woorde soos: warm; matig of koud.
2⃣ Reënval: Hoeveel dit reën.
Ons gebruik woorde soos: nat of droog.
Nat en droë areas
• NAT AREAS = gebiede wat baie reën in 'n jaar kry (meer as 1000 mm)
• DROË AREAS = gebiede wat geen of baie min reën kry (minder as 250 mm)
ń Jaarlikse reënvalkaart toon die hoeveelheid reën wat verskillende gebiede in ń hele jaar kry.
Dit toon watter gebiede droër of natter as ander is.
∠