Basiese Teksvaardighede
AFK1502
Departement Afrikaans & Algemene
Literatuurwetenskap
Tweede Semester 2020
WERKOPDRAG 01
Meerkeusevrae
Inhandigingsdatum: 11 Augustus 2020
Unieke nommer: 829984
Let wel: Vraag 1 – 4 is gebaseer op die onderstaande teksfragment. Lees dit aandagtig deur
en beantwoord dan die vrae wat daaroor gestel word. Let daarop dat die gegewe
teksfragment afkomstig is uit ’n bemarkingsbrief waarin ’n bestuurder van ’n
boekklug as ’n soort tussenganger ’n aanbod oor ’n spaarplan aan die boekklublede maak.
Die teks is dus oorredend van aard.
Wil jy meer geld hê? Ek wil. Vir my vrou se droom van ʼn gourmet‐kombuis. Vir my droom om
ʼn luilekker vakansie op ʼn Suidsee‐eiland te geniet. Vir daardie blinknuwe karavaan waarmee
ek en my gesin die land kan verken. Dis hoekom ek nie huiwer om Aralus se beleggingsplan
aan te beveel nie, vir my eie ontwil sowel as joune. Want hul spaarplan is net wat ons almal
soek. Ja, met dié spaarplan sal ons ons geld vinnig sien groei; op ʼn veilige manier, sodat ons
gesinne hulle drome kan bewaarheid. Skakel vandag nog hul tolvrye telefoonnommer 0860
111 222 om aansoek te doen.
1. Watter een van onderstaande opsies bevat die referensiële aspek van die boodskap?
[1] Die spaarplan van Aralus is ’n veilige belegging.
[2] Beleggers se geld sal vinnig groei as hulle in die spaarplan belê.
[3] Aralus het ’n verkope-afdeling wat gekontak kan word by 0860 111 222.
[4] Die beleggingsplan sal seker maak dat jou gesin hul drome kan bewaarheid.
Die referensiële aspek van die boodskap is daardie inligting wat feitelik verifieerbaar is; dit
sluit menings en aansprake uit. Enige toekomsvoorspelling wat nie geverifieer kan word nie,
word by voorbaat geklassifiseer as ’n aanspraak. Daar is geen enkele waarborg dat beleggers
se geld sal groei nie (opsie [2]) – by beleggings bestaan daar immers altyd die risiko dat
beleggers gedeeltes van of selfs al hulle geld kan verloor. Daarom is opsie [1] ook nie feitelik