Sosiale vs Uitvoerende Dans
Die meeste kulture het danse wat sosiaal deur mense gedans word.
Dit beteken dat mense hieride sosiale danse gewoonlik dans by sosiale geleenthede en dat hulle dit
gewoonlik doen vir hulle eie plesier.
Daar is gewoonlik ‘n redelike wye verskeidenheid musiek waarop hierdie danse gedoen kan word.
Die dansers het ook gewoonlik ‘n mate van leuse in hoe hulle die danspassies wil dans: somtyds
improviseer mense die meeste van die bewegings wat hulle tydens sosiale danse uitvoer en somtyds
dans hulle passies wat hulle vooraf geleer het.
Enigiemand kan egter ‘n goeie sosiale danser word en die meeste mense wat sosiaal dans, beoefen nie
noodwendig dans as ‘n beroep nie.
Daar kom somtyds ‘n tyd wanneer dansers nie meer net vir hulle eie plesier wil dans nie, maar ook vir
die plesier van ander mense.
Wanneer dit gebeur, praat ons van uitvoerende dans, konsertdans of teaterdans.
Uitvoerings word gewoonlik in ‘n teater of op ‘n verhoog gedoen, alhoewel dit glad nie ‘n voorvereiste is
nie en eintlik op enige plek gedoen kan word – solank daar ‘n gehoor is.
Uitvoerings word gewoonlik vooraf gechoreografeer en die choreografie word dan vir die dansers geleer
Daar word ook baie spesifieke musiek gekies en die choreografie word noukeurig volgens die musiek
uitgewerk en gerepeteer.
Uitvoerende dansers sal gewoonlik repeteer sodat hulle uitvoering so foutloos as moontlik opgevoer kan
word.
Die fokus van die dansers se uitvoering verander dan ook en die hoofdoel word die effek van die dans op
die mense wat kyk: die gehoor.
Dansers wat hoofsaaklik uitvoerende dans beoefen, sluit in amateurdansers en professionele dansers.
Professionele dansers werk gewoonlik in ‘n professionele geselskap ofop ‘n vryskut basis en word
uitvoerende kunstenaars genoem.
Hierdie dansers ondergaan uiters intensiewe beroepsopleiding en moet besonder kompeterende
oudisies bywoon om vir hul werk gekies te word.
Daar is egter ook baie amateur dansers, m.a.w. dansers wat ‘n beroep buite die danswereld beoefen,
wat steeds dans en daarvan hou om in uitvoerings op te tree of aan groot kompetisies deel te neem.
Die hoof-uitvoerende dansdissiplines wat ons in Suid-Afrika ken, sluit die volgende style in:
1. Klassieke Ballet – uitvoerende dans
2. Kontemporere Dans (Amerikaanse “Modern dance”) – uitvoerende dans
3. Spaanse dans – sosiale + uitvoerende dans
4. Afrika dans – sosiale + uitvoerende dans