EENHEID :1GEMEENSKAPPE IN DIE LIMPOPOVALLEI
TERM DEFINISIE
Limpopovallei ’n Vrugbare gebied rondom die Limpoporivier.
Nedersetting ’n Plek waar mense bly en ’n gemeenskap vorm.
Jagter-versamelaars Mense wat jag en kos in die natuur versamel.
Veewagters Mense wat diere soos beeste aanhou en oppas.
Langafstandhandel Handel met mense baie ver weg.
MAPUNGUBWE EN VERANDERINGE IN DIE VALLEI
• Ongeveer 800 jaar gelede was Mapungubwe ’n florerende plek.
• Tussen 900 en 1300 het dinge vinnig begin verander in die Limpopovallei.
• Voor dit het mense in klein familiegroepe gewoon.
• Die oudste man het gewoonlik gelei.
• Meeste mense het gelyke status gehad en almal het werk gedoen.
HOEKOM HET DINGE VERANDER? (MOONTLIKE REDES)
OORLOG
• ’n Groep kon sterker of ryker geword het.
• Groepe kon saamgespan het om ander te oorwin.
• ’n Nuwe magtige groep kon ook van buite af gekom het.
HANDEL
• ’n Groep kon begin handel dryf met mense ver weg.
• Hulle kon dinge gekry het wat nie in die vallei was nie.
• Hulle kon ook geleer het om iets baie kosbaar te maak (bv. goud).
RYKDOM
• Die vallei was goed vir beeste.
• Mense met meer beeste kon ryker word.
• Rykdom maak dit makliker om mag te kry.
DIE OMGEWING
• Die gebied kon beter geword het vir boerdery met beeste.
• Vuurmaakhout vir ystersmeltery kon mense gelok het.
• Naby aan roetes vir handel oor land en see was handig.
• Klimaat kon verander het (koel/droog na warm/nat).
OORTUIGINGS EN GODSDIENS
• Priesters of geestelike leiers kon meer mag gekry het.
• Nuwe geloofsidees kon mense se manier van leef verander het.
SCHRODA – DIE EERSTE NEDERSETTING
• Schroda was die eerste nedersetting in die Limpopovallei.
• Ongeveer 400 mense het daar gewoon.
• Hulle het waarskynlik ivoor vir glaskrale verhandel.
Kopiereg © Skool Notas Geskiedenis Graad 6 Via Afrika handboek Bladsy 1 van 21
, Onderwerp 2: ’n Afrika -koninkryk in Mapungubwe
EENHEID :1GEMEENSKAPPE IN DIE LIMPOPOVALLEI
K2 – ’N NUWE, GROTER EN MAGTIGER GEMEENSKAP
• Later het ’n nuwe, magtiger groep mense aangekom.
• K2 is toe gebou.
• Ongeveer 1 500 mense het daar gewoon.
• Handel en beeste het mense ryker gemaak.
• ’n Heersende groep het gevorm, met ’n koning as leier.
WAT SÊ ARGEOLOË SE VONDSTE? (5 TEORIEË)
TEORIE BEWYSE WAT GEVIND IS
Oorlog Sommige mense het in hoër areas gewoon; goue juwele; spesiale begrafnisse .
Handel Ivoor en glaskrale by Schroda; soortgelyke krale ook in ander lande (bv. Tanzanië).
Rykdom Baie beeste se bene; tekens van ystersmeltery naby (bv. Botswana).
Omgewing Nedersettings naby handelroetes; tekens van klimaatsverandering (ongeveer 900 n.C.) .
Geloof Artefakte vir geestelike gebruik; heilige begraafplekke vir voorouers.
Kopiereg © Skool Notas Geskiedenis Graad 6 Via Afrika handboek Bladsy 2 van 21