Kwartaal 4
Oppervlakkragte wat die aarde vorm bl 45
*Verwering en erosie en die landvorme wat daarmee gepaard gaan, is interessant omdat dit
aspekte behels wat ons rondom ons sien.
Eenheid 1 Verwering bl 46
Sleutel:
Partikel: `n Baie klein stukkie van iets.
Fragment: `n Klein stukkie van iets wat afgebreek het.
Termies: Deur hitte beïnvloed.
Breking: Om iets te breek, kloof of kraak.
Klippieshelling: Skerp klipperigheid aan die voet van `n helling.
Sferoïdale: Met `n ronde vorm.
Die konsep verwering
Wat is verwering?
*Dit is die afbreek van rots in klein partikels deur fisiese, chemiese en biologiese prosesse.
*Die partikels kan geërodeer word deur riviere, bewegende ys, wind en branderbeweging.
, 2
Noem 3 soorte verwering
•Fisiese verwering
•Chemiese verwering
•Biologiese verwering
Fisiese verwering
*Behels die afbreek van rotse in kleiner fragmente deur prosesse soos uitsetting en
sametrekking, hoofsaaklik as gevolg van temperatuurveran deringe in areas.
Noem 2 soorte fisiese afbreking
•Vries-ontvries-verwering
•Termiese breking
*Drukverligting kan ook verwering sonder temperatuurverandering veroorsaak
Sleutel
Termiese breking: Fisiese verwering deur die verandering van temperatuur.
→Jy vind termiese breking by gebiede waar daar groot wisseling van temp. is tussen baie
warm in die dag en baie koud in die nag.
*Die herhaling van verhitting en afkoeling veroorsaak dat die buitelaag van die rots in dun
lae afskilfer.
*Indien die plaasvind tesame met die chemiese verwering veroorsaak dit sferoïdale verwering.
, 3
*Brande veroorsaak ook verwering van rots. Die intense hitte wat deur brande veroorsaak
word kan `n groot rots vinnig laat uitsit
→Drukverligting word ook ontlading of eksfoliasie genoem.
*Drukverligting gebeur wanneer rots soos graniet aan erosie blootgestel word.
*Graniet word diep in die aardkors gevorm.
*Die rots was onder groot druk terwyl dit onder die grond was en dit sit uit en breek
wanneer die druk verminder. *Die rotslae skei van mekaar.
→Vries-ontvries-verwering word ook ysversplintering genoem.
1) Water word vasgevang in `n kraak/las in die rots.
2)Indien lugtemp tot onder vriespunt daal, vries die water en dit sit uit met 9-10% wat druk op
die rots uitoefen.
3)Indien die temperatuur bo vriespunt styg, smelt die ys.
4)Indien die proses herhaal, sal die rots verswak en in skerp fragmente versplinter
*Dit word meestal aangetref wanneer die temperatuur rondom 0 ⁰C wissel.
*Fragmente kan as skerp klipperigheid aan die voet vd helling ophoop. (Klippieshelling)
Kyk voorbeelde op bl 47