Materie en Materiale
Atome
Alles bestaan uit materie.
Materie: Enige iets wat massa het en ruimte beslaan.
Materie kan lewend of nie lewend wees.
Materie bestaan uit klein deeltjies wat atome genome word.
Atome: Kleinste boustene van materie.
Atome van 1 element is almal dieselfde, maar verskil van die atome van al die ander
elemente.
Element: Stof wat slegs uit atome van dieselfde sort bestaan.
Voorbeelde: Koper, silwer, goud, suurstof.
Element kan nie op chemiese maniere afgebreek word nie.
Periodieke tabel
Subatomiese Deeltjies
Atome bestaan uit protone, neutrone en elektrone.
Subatomiese deeltjie: Deeltjie wat kleiner is as die atoom.
Subatomiese deeltjies van ‘n atoom:
Protone Positief gelaai.
Neutrone Neutraal (geen lading).
1
, Elektrone Negatief gelaai.
Protone en neutrone het dieselfde massa.
Elektrone het ‘n baie klein massa.
Sentrale deel van ‘n atoom is die kern.
Kern word ook die nukleus genoem.
Kern bestaan uit protone en neutrone.
Protone en neutrone saam word nukleone genoem.
Al die massa van die atoom is in die kern omdat protone en
neutrone se massa meer is as die van elketrone.
Protone en neutrone is daarom verantwoordelik vir die massa
van die atoom.
Protone is positief gelaai en die neutrone het geen lading
daarom het die kern ‘n positiewe lading.
Negatiewe deeltjies (elektrone) beweeg om die kern.
Elektrone verantwoordelik vir die volume van die atoom.
Baie van die atoom bestaan uit ‘n leë ruimte.
Atome is neutraal omdat die totale aantal positiefgelaaide protone = totale negatiefgelaaide
elektrone.
Aantal elektrone is altyd dieselfde as die aantal protone. Daarom bly die atoom neutraal.
Waterstof is ongewoon dit geen neutrone het nie.
Suiwer
stowwe
Het
spesifieke fisiese en chemiese eienskappe + ‘n vaste samestelling.
Watermonster met geen ander stowwe ingemeng nie suiwerstof.
Daarom sal dit altyd op dieselfde manier optree.
Kan NIE ‘n suiwer stof fisies skei soos wat jy ‘n mengsel kan skei nie.
Suiwer stowwe kan slegs deur chemiese reaksies geskei word.
Elemente ne verbindings is suiwer stowwe.
2