ONDERWERP 4:
ONDERSTEUNING &
VERVOERSTELSELS IN
PLANTE
Faktore wat
transpirasietempo
beïnvloed
1. Transpirasie
Verhouding tussen
waterverlies en
blaarstruktuur
(aanpassings)
Ondersteuning en
vervoerstelsels in
plante Opname van water en
minerale deur die
wortels
2. Opname van water
en minerale deur die Beweging van water en
plant minerale na blare
Translokasie van
voedsel
1
, LEWENSWETENSKAPPE GRAAD 10: OPSOMMINGS ©
TRANSPIRASIE:
Verlies van waterdamp deur bogrondse plantdele.
Belangrikheid/voordele van transpirasie:
Water en minerale word deur suigkrag van transpirasie vanaf wortels na blare
opgesuig.
Verdamping van water vanaf blaaroppervlaktes lei tot afkoeling van die plant.
Eksterne faktore (Omgewingsfaktore) wat transpirasietempo beïnvloed (versnel of
verlaag):
1. Temperatuur
Hoë hitte verhoog kinetiese energie van watermolekules.
Beweging van watermolekules versnel = diffusie vind vinniger plaas = transpirasie
neem toe.
2. Ligintensiteit
Huidmondjies is oop in die lig en gesluit in die donker.
Hoë ligintensiteit verhoog blaartemperatuur = watermolekules beweeg vinniger en
vinnger diffusie vind plaas = toename in transpirasietempo.
3. Humiditeit
Baie vog in die lug = humiditeit is hoog.
Die diffusiegradiënt verminder tussen intersellulêre lugruimtes en atmosfeer.
Diffusie vind stadiger plaas en transpirasietempo neem af.
4. Wind
Verwyder waterdamp buite die blaar = diffusiegradiënt ten gunste van waterdamp
vanuit die blaar gaan ontstaan.
Strukturele aanpassings van blare om transpirasie te beperk:
Grootte van blare Ingesinkte huidmondjies
Dorings Hare op die blare
Blaarrangskikking Verdikte kutikula
Posisie van huidmondjies
2