@Juffrou_Ansie
, 2
INHOUD
Tyd 3
Ruimte 3
Verteller 5
Plot 6
Temas 8
Karakters 9
Kontekstuele vrae 13
Opstelvrae 24 - 29
1. Die wolke van “Wolk”.
2. Rufus se pa besluit om saam met sy gesin te immigreer.
3. Drie ruimtes word gebruik om die storie te vertel en hierdie ruimtes
ondersteun die karakters om te ontwikkel en die gebeure te laat
plaasvind.
Bronne:
@IMPAQ JUN 2024, CANVA.COM, Studiegids: WOLK JUN 2021
@Juffrou_Ansie
, 3
In Wolk se verhaal gaan die leser saam op die reis (wat letterlik en figuurlik is)
met die twee hoofkarakters, Rufus en Xandr, deel in hulle karakterontwikkeling
en beleef die emosies wat die karakters ervaar.
TYD
In Wolk is die verteltyd 208 bladsye (ongeveer 40 000
woorde). Verteltyd = die tyd
wat dit neem om die
Die vertelde tyd strek oor ń tydperk van ongeveer vier
maande. Die verhaal word grotendeels chronologies roman te lees, meer
aangebied, maar daar is verskeie spronge na die verlede algemeen verwys dit
of toekoms. egter na die aantal
Die roman begin onder andere by ń toneel wat in die bladsye in die boek
toekoms afspeel, voor dit terugkeer na die “hede”. Die
sentrale storielyn geskied chronologies, maar die inligting
word achronologies aangebied.
RUIMTE
In Wolk is die vertelde storieruimte (of milieu) Randburg, die pad tussen
Randburg en Golden Gate, ń grot by Golden Gate, en Clarens. Die verhaal-
gebeure speel hoofsaaklik af by die grot, Xandr en Rufus se onderskeie
ouerhuise, ń lodge naby Golden Gate en in die Midge (motor).
Geografiese- en fisiese Wolk speel af in Suid-Afrika, Randburg, die Oos-
ruimte Vrystaat, in die hoofkarakters se ouerhuise, die
Midge, die grot ensovoorts.
Omgewingsruimte of Dit word ook in die emosionele ruimte genoem. In
belangeruimte Wolk kan ń mens aflei dat Xandr en Rufus op
Hoërskool is, hulle is Afrikaans en middelklas. Hierdie
aspekte het ń invloed op hulle denke, besluite en
optrede.
@Juffrou_Ansie