Eenheid 1
Visuele geletterdheid
Elemente van kuns:
Lyn: Lang en dun merk wat gewoonlik deur ‘n potlood of pen gemaak word.
Toonkleur: Reeks skakerings van donker na lig wat met ‘n tekeninstrument gemaak word om
skaduwee te toon op die voorwerp wat geteken word.
Vorm: Buitelyn van ‘n voorwerp wat met ‘n aaneenlopende lyn geteken word om die basiese
voorkoms te toon.
Tekstuur: Voorkoms en gevoel van ‘n voorwerp wat met ‘n tekeninstrument geskep is om te
wys of die voorwerp glad/grof is.
Kleur: Rooi, blou/geel. Alle ander kleure word met verskillende kombinasies van die 3 kleure
gemaak.
Beginsels van ontwerp:
Balans: Behoefte om al die dele van ‘n kunswerk met presies dieselfde gewig te toon.
Kontras: Word gebruik om verksille te toon. (bv. Donker teen lig)
Klem: Spesiale belangrikheid word aan bepaalde deel van ‘n kunswerk gegee.
Proporsie: Verhouding van 1 ding in ‘n kunswerk tot ‘n ander.
Ritme: Reëlmatige herhaling van merke, vorms en kleur in ‘n kunswerk.’
Reënboogkleure
Kleure op die kleurwiel: Geel, oranje, rooi, groen, pers en blou.
Kleure wat teenoor mekaar lê is komplementêre kleure.
Wanneer jy 2 primêre kleure meng kry jy ‘n sekondêre kleur.
Primêre kleure: Rooi, blou en geel.
Tinte: Kleure wat met wit gemeng word.
Kleurskakering: Helder kleur.
Skakerings: Kleure wat met swart gemeng word.
Warm kleure: Rooi, oranje, geel. Lyk dit asof die kleure na jou toe kom.
Koel kleure: Blou, groen, pers. Lyk asof dit weg beweeg van jou af.
Toonwaardes: Verandering van wit wat gradeer moet word na grys tot by swart.
Ritme en patroon: 2 belangrikste ontwerpbeginsels.
Tonale tekening: Tekening waarin die inskaduwing gebruik word sodat ligte en donker areas
gesien kan word.